1 reviews | Active since Aug 2018
Hartelose Geldgierige Veearts
Ons gesin is in ons diepste terleurgesteld in Dr AH van Niekerk se gedrag en arogansie. Dit is skrikwekend hoe 'n veearts so geldgierig optree en manipilerend.
My skoonouers het laas Vrydag 17 Augustus 2018 'n baie hartseer besluit geneem om hulle Jack russel (ouderdom 14 jaar) te laat uitsit. Die hondjie is al 'n hele ruk blind en sy ingewande werk as sulks nie meer so goed nie.
My skoonma het in Jeffreys baai rond gebel om te hoor hoeveel dit kos en so by Dr AH van Niekerk in Da Gama 'n afspraak gemaak. Hy het aan haar genoem dat dit R900.00 sal kos. Sy het daarna SPCA ge****ak, wat in Humansdorp is en die vriendelike dame het haar met ope arms verwelkom en laat weet dit kos R250.00. So s***el my skoonma Dr AH van Niekerk terug en kanselleer die afspraak omrede dit vir haar sak beter pas om eerder Humansdorp SPCA toe te gaan. My skoonma ****ak my toe om haar en die hondjie Humansdorp toe te neem vir die hartseer oomlik. Met ons aankoms by die SPCA laat weet die dame dat hulle ongelukkig my nie gaan kan help nie omrede Dr AH van Niekerk, hulle by die SPCA ge****ak het en laat weet het hulle mag nie by die SPCA die hond uitsit nie, Ons moet terug keer Jeffreys baai toe en dit by hom doen. Indien ons die SPCA toelaat om die hondjie uit te sit, moet my skoonma haar bankstaat indien en bewys sy kan nie die veearts (Dr AH van Niekerk) bekostig nie. Ek was briesend en het die Dr gebel vanaf die SPCA en hom verbaas/geskok/briesend gevra; " Wie is hy om vir ons te besluit waar ons, ons hond kan laat uit sit". Eerstens het hy heel geirriteerd die telefoon geantwoord en my dadelik inkennis gestel dat hy besig is, kan ek vinnig praat. Toe ek myself voorstel as Mev. Grobler, het hy dadelik aanvallend opgetree en die telefoon in my oor neergesit. My skoonma wat 'n pensioenaris is, en alleenlik van my skoonpa se pensioen lewe. Het nie geld om te mors of nodig om meer te betaal vir iets wat sy goedkoper kan kry op 'n ander plek nie.
Ek is seker dit is haar keuse waar sy haar geld wil spandeer en by wie.
Dit was klaar so moeilike besluit om die hondjie uit te sit en daar was geen simpatie of respek teenoor haar gevoelins of die hondjie nie. AL WAT VAN NIEKERK SOEK. WAS HAAR GELD.
Glo is die SPCA, volgens Dr AH van Niekerk, net daar vir minderbevoorregte mense, mense wat nie fondse het nie en rondloop brakke.
Ek is seker ons belasting betallers maak 'n bydra aan die SPCA. Hulle ontvang donasies en borge en nogsteeds moet so geldgierige Dr hulle brood uit hulle monde vat.
Dis Absurd.
Die ongeskikte veearts kan my maar gerus ****ak, en my skoonouers onverskoning vra.
Gelukkig is dit my keuse watter tandarts en dokter ek wil gebruik. En as ek na die staatskliniek toe wil gaan, is daar geen manier wat my Dokter my ****ak en dwing om hom te gebruik nie.
Dr AH van Niekerk, Jeffreys is 'n klein dorpie... Sterkte
