1 reviews | Active since Aug 2022
Worst venue
Ons het ongelukkig ’n aaklige ervaring gehad met Ilana. Van die begin af (nadat ons deposito betaal het) was die kommunikasie uiters swak. As ons vrae gehad het, was ons boodskappe net ge-read, of half beantwoord. Ons moes soms dae lank wag vir invoices of info’. Nadat ek genoem het dat ons ongelukkig was, het sy wel die paar kinders (onder 4jr) vir ons op die huis laat bywoon, maar verder het niks steeds verbeter nie. Ons het ook R620 betaal vir koffie vir die vrouens (alleenlik), waarvan slegs 6/7 vrouens koffie gedrink het- sodoende wou ons toe die oorblywende koffie (waarvoor ons ten duurste betaal het), saam met ons neem, maar sy’t dit weg gevat en gesê “dit bly ongelukkig hier”. Ons het ook betaal vir 6 ure, en 40 minute voordat ons veronderstel was om te verdaag, het sy by die lapa in gekom om als weg te pak (die koffie waarvan ons ook nog gebruik kon maak), sy’t ook vir my gesê dat ek die balonne moet verwyder- ek’t haar toe herinner dat die skoonmaak fooi ingesluit was by die prys en sy’t toe voor my gaste gevra “nou wat moet ek met jou balonne maak?” En toe aggressief een vir een gepop- terwyl ons tyd nog nie eers versper was nie. Nie net was ons ongelukkig nie, maar daar het ook ‘n paar van ons gaste aan my genoem dat sy onbeskof was of konstant fout gesoek het by die speel area waar die kinders gespeel het en byvoorbeeld met hulle geraas omdat hulle balle gooi ens. Ons het meer as R5000 aan haar betaal vir die 6 ure, maar satisfaksie het ons defnitief nie gekry nie.
