1 reviews | Active since Dec 2019
Wanneer dit by korttermynversekering kom, het ek altyd gevoel ek wil graag die persoon ken wat my versekering hanteer. Uiteraard is premies ook belangrik, maar my risiko moet behoorlik aangespreek word. Wat deesdae gebeur is maatskappye wat met, noem dit maar oëverblindery, jou probeer afvry van die een na die ander, dis afslae en bonusse net om volgende jaar weer n geweldige premieverhoging by jou nuwe liefde te ervaar. Vat nou my woord- gaan kyk gerus na Take ctrl versekeraars https://www.takectrl.co.za/ Ek het die toepassing afgelaai, maklik geregistreer en die stoute skoene aangetrek en my inligting gelaai vir my voertuig, inhoud en gebou. Wou net kyk. Die toepassing was sou maklik en gebruikersvriendelik. Dan het ek n eenvoudige kriteria om te kyk waar my gevoel is rondom bybetalings ens. Neem in ag, niemand het my ges***el met n geradbraakte engels. Binne minute het daar ses versekeringshuise se kwotasies op my toepassing gelê. Ek kon met my kriteria appels met appels vergelyk. Ek skryf hierdie aanbeveling, na my t****e ****rak wat ek uitgeneem het by Take Ctrl. My ma se motor wat stilstaan in die aftree oord, is nou verseker teen n premie wat haar pensiongeldjies met R300 spaar. Nie af****ies en bonusse, net goeie ordentlike ingeligte keuses het dit vir haar gegee. Ek het die lisensieskyfie afgeneem en deur die toepassing aangebied. Sou jy vashak omdat jy nie n menu raaksien – word jou aktiwiteit deur Take Ctrl se ondersteuning span gemonitor en kan jy sommer n oproep ontvang van n vriendelike dienssentrum amptenaar. Ek mag dalk “old fashioned” lyk maar ek het vir die eerste keer in n langtyd regte besigheid beleef, geen smouspraatjies en dit op n toepassing wat ek vir baie lank op my foon gaan hou. O en die noodknoppie is sommer op jou foon. Dankie Take Ctrl Iemand by julle weet om tegnologie en diens te trou met mekaar.
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.