1 reviews | Active since Dec 2017
#CTEET camping excellent option!!
Wat ‘n belewenis!! Eerstens dankie aan Elzanne wat met soveel geduld saam die regte program vir ons groep beplan en reëlings getref het. Baie dankie aan Anwa en sy span wat ons die naweek bederf het met puik diens, hetsy in die kombuis, met oefeninge, met inligting oor die natuur of spanbou. Alles was net uit die boonste rakke! Dit was nog die lekkerste wat ek op ‘n kamp geëet en geslaap het! Die leerders sê dis die eerste keer dat oefeninge so lekker aangebied is dat hulle nie eers besef hulle doen oefeninge nie! Anwa jy bied jou kennis so interessant aan dat die leerders elke oomblik van jou praatjie aan jou lippe gehang het! Dankie dat julle ons spesiale versoek ook so mooi kon akkomodeer. Ek sal julle CTEET kamp beslis by enige iemand aanbeveel!
