1 reviews | Active since Sept 2016

15 Dec 2016, 14:31

Swak diens en kos

Ons het gisteraand by Crawdaddys -Centurion gaan eet vir my verjaarsdag . Ek het so uitgesien daarna. Daar was 'n man wat daar werk hy het sulke pienkerige/rooierige skoene gedra hy was by die deur toe ons ingekom het en het plekke aan gewys - -daai man moet summier afbetaal word - ek het in my lewe nie so ongeskikte/ongepoetste man gesien nie - hy het die kelner wat ons gehelp het so verskreeu , sleg gesê en gedreig voor almal in die "rook afdeling" hy het nou regtig geen begrip van hoe om met mense te werk nie - en dit was skel woorde - vloek woorde ek het so skaam gekry ons moes my man en skoonseun net keer want hulle wou die pienk/rooi skoen mannetjie bietjie reg help. Hy kon mos maar die kelner weg geroep het en hom eenkant gaan uit trap het as dit nodig was of so nie moet hulle sorg dat daar meer kelners aan diens is - ( dis nou as dit die probleem was dat die kelner dalk te stadig was volgens die pienk/rooi skoen mannetjie se standaarde).Ek het 'n mini seafood platter bestel en my Prawns was regtig nie lekker nie dit was pap en het uit mekaar uit geval.

Nodeloos om te sê toe is ons etes en my verjaarsdag sommer "gespoil".

Danksy die pienk/rooi skoen mannetjie en my prawns wat so pap was.

Ek moet net by sê dat die ander gaste tevrede was met hulle bestellings (Kos) - of altans dis wat hulle gesê het.

0
Replies (0)