Swak terugvoering
<p>My seun was vir 'n oogtoets op 27 Januarie. Die sonbril se een lens was gechip en ek kon dit nie ontvang nie. Toe ek na 'n paar dae opvolg, was ek ingelig dat die masjien waarmee die lense gesny word gebreek het, en hulle wag vir die part om vervang te word. Die probleem wat ek het is dat ek elke keer van my kant af moet bel om op te volg. Ek was ingelig dat dit vandag sal gereed wees en vanoggend ontvang ek 'n oproep (tot my verbasing) om my in te lig dat dit nogsteeds nie gereed is nie. Miskien Vrydag. Ek wil asseblief 'n presiese dag en datum hê. As dit oor 'n week is, is dit oor 'n week. As dit oor 'n maand is, dan is dit oor 'n maand. Maar ek kan nie elke dag bel en opvolg en weer ingelig word dat dit oor 'n paar dae later gaan wees nie. Ek verstaan dit is 'n probleem buite die winkel se beheer, maar dan verwag ek terugvoering van hulle af in plaas daarvan dat ek elke keer moet opvolg. My kind is 'n privaat pasiënt en ek het reeds die rekening ten volle vereffen. Dit voel net aangesien die sonbril deel was van die "promosie" en gratis is, kan dit nou maar sloer.</p>
