1 reviews | Active since Jul 2016
Bad Bad Bad......
Ons besoek op 12 Desember was geensins n plesier nie. Eerstens het die waitron ons bestelling verkeerd verstaan. N 2de Waitron het ons bestelling kom neem. Die spicy "Mince" omelette was waterig en die mince geen smaak nie dus nie "spicy" soos op die spyskaart nie. Die eier was oorgaar en soos rubber. My vrou se "mince op toast en eier" was n grootter teleurstelling met geen smaak nie. Die tamatie en uie smoor was net so in die mince geroer. Die mince was geensins deurgaar nie en n bleek kleur. Met navraag het n 3de waitron die aangeleentheid met die Bestuur opgeneem en terugvoering was dat die mince nie "spicy" is nie en met die kok opgeneem. Ons wag nou nog vir die sogenaamde Bestuurder wat glo ons tafel sou besoek het....swak meneer. Die rekening het ek betaal, die kos met so in n eegneem houer laat sit, n rukkie gewag , maar geen Bestuur of verdere terugvoer van enige waitton nie. Nee wat, hul het nog baie om oor kliëntediens en kookkuns te leer. Hul waitrons is swak opgelei en nie ophoogte van die spyskaart nie. Hier blyk dit net om jou kaart te "swipe" !!!!!!!
