1 reviews | Active since Nov 2019
VN Electrical daag nie op na betaling nie
Waarskuwing om nie Chris Van Niekerk van VN Electrical te gebruik nie. Hy het my op 25/11/2020 genader en voorgestel dat hy vir my nog 2X 330w son panele kan installeer als vir R4220.00, om my solar stelsel sterker te maak. Ek het hom vertrou want hy het my oorspronklike installasie gedoen en was baie behulpsaam as ek probleme met die solar stelsel ondervind het. Hy het 2 maande later nadat ek hom begin dreig het, dat ek teen hom regstappe gaan instel, 'n paar solar klampe ingesit en gesê hy sal die volgende oggend kom klaar maak. Tot vandag toe, is daar nog niks gedoen nie. Ek sit ook van daardie tyd af met 'n oop DB bord wat hy net so gelos het. My prokureur het reeds vir hom 'n aanmaning gestuur waaraan hy hom nie gesteur het nie. Hy word nou gedagvaar. Ek het verneem van 'n persoon wat Chris van Niekerk gebruik het op 'n stadium om as sub-****rakteur vir sy besigheid solar installasies te doen, dat Chis Van Niekerk menigte mense so ingedoen het en glad nie meer vir hom werk nie. Hy daag net nie op met die voorraad nie en doen nie die werk na betaling nie.
