DD
DJ D

1 reviews | Active since Feb 2017

12 Jan 2019, 13:55

UITSTEKEDE EN PROFESSIONELE DIENS

Die swak en onaanvaarbare diens van Pharmacy Direct het my genoop om by Clicks Apteek Netcare Pretoria Oos Hospitaal aan te klop vir hulp. Ek het my situasie kortliks aan die apteker verduidelik en sy was meer as hulpvaardig om seker te maak dat ek nie langer sonder my kroniese medikasie gaan nie. Dit is hierdie soort professionele diens wat my laat besef dat nie alle apteke so onprofessioneel is soos Pharmacy Direct nie. Hartlike dank aan die apteker en die vriendelike personeel by Clicks Apteek Netcare Pretoria Oos Hospitaal. Julle diens, midde van baie moeilike omstandighede het verseker 'n grooot las van my skouers gelig.

0
Replies (0)