1 reviews | Active since Feb 2016
Garden Route Mall
Goeie dag,
Sal dit regtig waardeer indien jul my help. Ek het 'n uitstekende krediet rekord en nou het ABSA myt oorhandig as gevolg van 'n fout van hulle af. Ek het in November my rekening gaan toemaak by Garden Route Mall. Ek ws by 'n konsultant wat my assisteer het en en het 'n strokie voltooi waar ek moes inbetaal het en daarop het sy aangetoon dat ek my rekening sluit. Dit was 'n tjek rekening wat gekoppel was aan 'n kredietkaart. Ek het net een kaart ontvang en ek moes die kredietkaart fasiliteit vat anders kon ek nie 'n pletinum kaart kry nie. Ek het die kaart vernietig en steeds het elke maand vir my rekeninge gestuur waarop ek geantwoord het ek het nie meer die rekening nie. Nou skuld ek R1250-00 en hul het my oorhandig as gevolg van die bankkostes wat opgehoop het. Ek het baie prominent vir die konsultant gese ek sluit die hele rekening. Dit is uiters onaanvaarbaar want my hele kredietrekord in sy eetjies as gevolg van 'n probleem van hulle kant. Groot asseblief adviseer!
