jJ
john J

1 reviews | Active since Jun 2015

02 Jun 2015, 19:47

Communication/ Refund/ Poor Service

Ek stuur dit in Afrikaans, want dit is so dat niemand met wie ons praat Engels verstaan nie, alhoewel alles in engels gedoen word. Ons Recliner stel was gekoop in Oktober. Desember vol betaal, en toe die wag. Laat in Desember afgelewer.Ons was nie tuis nie, so die stel was nie vir twee weke gebruik nie. In Januarie het ons agtergekom die een uitskop stoel het op die grond gehang, wanneer dit uitgeskop word. Gesukkel, maar toe weke daarna het die Warehouse dit kom haal, weer lank gewag, terug ontvang sonder dat enige herstelwerk gedoen was. Die leer wat afgegaan het was darem herstel, maar in een van hoeke geskeur. Die warehouse het ons eenvoudig net nie ge****ak nie, en die persoon wie se naam ek sal noem in die Media. sal ek dan noem. Ons het gevra dat die stal teruggeneem moet word en ons geld terug betaal moet word. Na soveel ge****k en soveel aftrekking van die bedrag, sou die stel opgetel word. Alweer nog n gewag. Vandag kom hier een persoon aan, en die die banke pas nie eers op die voertuig nie. Alweer terug na die Verkoopsdame, en so gaan die nou vir 6 maande. Ons is moeg van sit op die matras, en geduld is besig om uit te loop. Uiters pateties.

0
Replies (0)