SH
Sam H

1 reviews | Active since May 2015

25 Jul 2018, 09:57

Onbillike bybetaling vir enkel eis

Ek het n huiseienaarsversekeringspolis by CIA. Op die perseel is daar n huis en 6 los eenhede wat ek uitverhuur. Al die eenhede is presies dieselfde en betaal ek dieselfde premie per eenheid. Daar is dus een polis met premies vir die hoofhuis, lapa en die 6 eenhede. My bybetaling per eis is R1000. Drie weke terug het ons uitsonderlike koue weer beleef en het daar waterpype in 4 van die eenhede gebars wat skade aan die plafonne en kaste veroorsaak het. Daar was ook n gebarste pyp by die ablusieblok van die lapa. n Assessor het die skade kom evalueer en n eis vir ongeveer R70K is ingesit. Ek is meegedeel dat my bybetaling nou R5000 gaan wees (R1000 per eenheid wat beskadig is). Ek wil bevestig of dit aanvaarbaar (korrek) is synde dit een eis of een voorval is en nie 5 afsonderlike voorvalle of eise is nie. Verwittig asseblief.

0
Replies (0)