1 reviews | Active since Aug 2013
Ek is seker al die afgelope 4 jaar al 'n kli?nt van Chubb.
Sedert verlede jaar ondervind ek 'n probleem met my alarm wat net nie uitgesorteer blyk te word nie. Garscom het al betrokke geraak.
Elke keer is die stelsel reg vir 'n wyle en dan herhaal dieselfde probleem hom.
Die eenheid is so geprogrameer dat die woonstel hul gedeelte apart kan aktiveer en daar was nog nooit 'n probleem aan daardie kant nie.
Maar.... Ek kan (ongeveer) die afgelope jaar nie gebruik maak van my 'deel' van die alarm nie.
Ek aktiveer die sisteem en 'n paar ure later begin ek dan die een oproep na die ander van die beheerkamer ontvang, dat daar 'n inbraak alarm geregistreer word op hul sisteem.
Ek het al dat hulle notas maak dat mense my vir die res van die dag asseblief nie moet s***el nie want na oproep 7 dink ek dit is logies dat daar 'n ander probleem as bloot 'n inbraak is?
Uiteindelik moet ek soos 'n mal ding huis toe jaag en die alarm gaan afs***el sodat my bure nie die hele dag na die gekerm hoef te luister nie.
Die kort en die lank daarvan, Chubb kry nie die sisteem reg nie en ek sit al vir amper 'n jaar lank met 'n alarm waarvoor ek betaal en nie kan gebruik nie.
Best regards,
Best regards,
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.