1 reviews | Active since Jul 2011
Cant complain about service as they do no service
Ons het op 8 September 2017 aan gesluit by Chubb Security. In Oktober het ons die panic button gedruk en geen "response" gekry nie. Ons het Chubb toe gebel waarop hulle gese het, die laaste keer wat hulle n signal van ons af ontvang het was die dag wat hulle dit kom installeer het, maar hulle stuur iemand uit om te kom kyk en dit reg te maak. So het daar iemand uit gekom en dit kom "reg maak". Ons het toe in November weer ons panic button gedruk waarop weereens geen "response" gekry is nie. Weereens het ons hulle ge****ak en weereens is daar vir ons gese hulle kry nie n signal nie. Ons het toe daar en dan besluit, hoekom vir iets verder te betaal wat geensins gewerk het van dag een af nie, en so ook sommer die kanselasie gedoen waarop hulle aangedring het dat ons n epos stuur. Epos is gestuur en weereens geen terugvoer op die epos gekry nie. So paar dae na ons die kansellasie gestuur het, bel iemand en se dat hulle n signal probleem in ons area ervaar en wil die stelsel kom toets en reg maak, waarop ons hulle gewysig het dat ons gekanselleer het reeds.
Nou wil hulle ons charge vir early cancellation, maar my hel, die ding werk nie al van dag een af, so kan nie sien hoe hulle mens kan charge vir "****rak Breuk" as die goed nie werk van dag een af nie, en bo-op dit wil hulle ons ook nog charge om hulle radio, wat nie werk te kom verwyder.
Mens sou dink mense wat geld vra vir n diens sal darem seker maak dat hulle produk werk en n bietjie meer begrip he vir wanneer hulle goed nie werk om mens nie nog te oor laai met kostes om hulle slegte diens te probeer regverdig nie.
Dink regtig Chubb is besig om vir hulle self n slegte naam te maak in die wereld daar buite.
