1 reviews | Active since Nov 2017
Bad Service
Ek, Aletta Jacoba Joubert, is ‘n 82jarige weduwee, eienaar van en woonagtig te Erf724, Voortrekkerstraat, (Posbus21), Redelinghuys 8105, met Tel Nr ********** 999.
Ek het ‘n privaat bouer mnr Christo Afrikaner, eienaar van die firma C.R. Construction van Piketberg, op 6Maart2017 genader en ‘n kwotasie aangevra vir herstelwerk by my huis. Ons het mondelings ooreengekom dat ek hom R140,00 sou betaal vir vervoerkoste vir die kwotasie, wat ek gedoen het. Hy het my verseker dat hy geregistreer is en gedek is indien enigiemand wat onder sy toesig hier werk, sou beseer word of ‘n eis instel. Ek het ook versoek dat mnr Afrikaner ‘n ****rak opstel om ons ooreenkoms te bevestig. Dit het nie gerealiseer nie. Met sy aankoms by my huis het ek hom gewys en verduidelik wat gedoen moet word, en ons het my planne en vereistes breedvoerig bespreek. Ek het die volgende lys opgestel om hom in te lig van wat ek gedoen wil hê: 1 Daar was ooreengekom dat ‘n stutmuurtjie ingebou moet word aan die onderkant van die pilaar by die agterstoep, om die pilaar se drakrag te versterk. 2 Alle krake op die mure moes ordentlik oopgekrap en stewig verseel word. 3 Skuur en verf van die 3 venster rame van die muur wat geverf moet word, sou ingesluit wees by die verfwerk. 4 Die muur wat ek geverf wou hê moes afgeskuur en krake gestop word, en moes ‘n waterdigtingslaag kry voordat dit finaal geverf word. 5 Die dakrand moet met waterdigte membraan verseel word.
Ten spyte van my breedvoerige verduidelikings van wat gedoen moet word, is ek baie teleurgestel en gefrustreer oor die gehalte van diens wat aan my gelewer is. Hierby aangeheg is foto’s wat geneem is van die voltooide werk, waar die krake weer duidelik sigbaar vertoon, na ongeveer ‘n maand van voltooiing van die werk. Ek is genoodsaak om ‘n t****e persoon te huur en te betaal om die werk wat mnr Afrikaner en sy mense gedoen het, oor te doen en te herstel. Hier volg ‘n volledige relaas van al die gebeure en my klagtes:
a) Mnr Afrikaner het op 7Maart2017 met 2 werkers begin werk, maar eers op 8Maart2017 aan my ‘n skriftelike kwotasie oorhandig, wat in totaal R12’800,00 beloop het. Ek het die kwotasie aanvaar. Ons het mondelings ooreengekom dat ek op Vrydag 10Maart2017 ‘n bedrag van R4’000,00 ****ant aan hom sou betaal, wat ek gedoen het. Ek het ook aan hom en sy werkers middagete voorsien. b) Soos weer mondelings ooreengekom het ek op Donderdag 14Maart2017 nog R8’800,00 aan mnr Afrikaner ****ant uitbetaal. c) Aangesien ek self nog 6dae per week, 9ure per dag ‘n kleinsake onderneming bedryf het ek nie ingemeng met die werkers se werk nie, ek het vertrou dat die werk na my wense gedoen sal word, wat beslis nie gebeur het nie. Mnr Afrikaner het sy dienste aangebied en behoort self toesig te hou oor sy personeel en die gehalte van hulle werk, maar die gehalte van werk en diens wat gelewer is, was beslis nie goeie gehalte nie. d) Ek het elke dag aan Mnr Afrikaner se werkers middagete voorsien. Hulle het slegs, nadat hy hulle afgelaai het, ongeveer 4ure per dag gewerk, en die res van die dag op my huis se voorstoep gelê en slaap terwyl hulle wag om weer opgelaai te word. e) Daar was geen toesighouding gedoen tydens die werktyd deur mnr Afrikaner nie. f) Ongeveer ‘n week nadat hulle die werk voltooi het, het die eerste krake, wat veronderstel was om deeglik toegesmeer te wees, weer begin ooptrek, wat dit duidelik maak dat dit nie reg voorberei en behandel is voor die verfwerk begin is nie. g) Die mure is ook nie glad afgeskuur voor verfwerk begin is nie. h) Die belangrikste, grootste kraak wat van die grond af op loop ongeveer 2meter lank was onmiddellik weer sigbaar nadat die verf droog geword het. i) Mnr Afrikaner het eers nadat ek hom weer gevra het, die stutmuurtjie laat inbou. j) ‘n Kraak wat op die oop gedeelte van die muur op die stoep teen die dak is, is glad nie toegestop en daardie gedeelte van die muur ook nie geverf nie. Op 21Maart2017 het ek mnr Afrikaner gebel en aan hom gesê dat ek nie tevrede is met die werk wat gedoen is nie. Hy het aan my belowe dat hy sal kom kyk en aandag gee aan my klagtes. Dit het nie gebeur nie. Op 12Mei2017 het ek mnr Afrikaner weer ges***el. Ek het ook iemand geraadpleeg omtrent die swak werk (die munisipale inspekteur het voorgestel dat ek ‘n prokureur ****ak). Mnr Afrikaner het weer belowe dat hy my sal besoek. Tot en met vandag het niemand nog opgedaag om na die muur te kom kyk of my klagtes aan te hoor nie. Ek het alles van my kant af gedoen om te hou by ons ooreenkoms, maar mnr Afrikaner het baie beloftes gemaak, wat glad nie nagekom is nie. Die werk is van uiters swak gehalte gedoen deur iemand wat homself as ‘n kundige voorgedoen het, en hy is duidelik ook nie ‘n betroubare besigheidsman wat moeite doen om sy beloftes en ooreenkomste na te kom nie. Ek wil graag weet of daar enigiemand is wat my met raad kan bedien aangaande hierdie situasie.
