WD
Wanda D

1 reviews | Active since Mar 2018

10 May 2018, 19:46

Weier om noot te aanvaar

Ek nou so die donder in gewees vir die mense by Checkers Hyper in Moreleta Par****!

Ek wou gou n paar goedjies gaan koop het voor hulle 7 uur toemaak. Wel, daar staan ek met my goeters by die till reg om te betaal. Ek het net die een R100 noot. Ek gee hom vir die teller en daar het sy n probleem met die kleur en textuur van die noot.

Hulle het hom agter toe na hulle manger, ene Jaqueline. Sy kom terug en vertel my dat hulle seker gemaak het, en die noot is Nie vervals nie, maar hulle gaan hom nie aanvaar nie!!!

A.g.v. sy kleur en textuur. Nou wat maak jy! Ek mag nie my goed kry nie!!!!

Ek is brisend kwaad daar weg, en Spar toe, waar hulle geen probleem gehad het om die noot te neem nie.

Dis nou regtig genoeg om te maak dat ek nooit weer by daai Checkers Hyper Koop nie!!!!!

0
Replies (0)