1 reviews | Active since Jun 2017
Verkeerde prys onder item
<p>Graag wil ek my misnoeë uitspreek oor die diens wat ek in Checkers Wellington vanaand ervaar het. Ek koop gereeld Cappuccino sachets. By Checkers op die rak was los sachets teen R5.99 net langsaan staan presies dieselfde boks toe en onder sit is die prys R44.99. Ek vra toe die pakker wat op daardie tydstip besig was om eiers te pak om my te help om nog 'n boks agter uit te haal. Hy help my graag. Toe ek by die betaalpunt kom met my twee bokse cappuccino sachets, wil die produk nie scan nie. Die vriendelike dame by die betaalpunt roep toe die bestuurder, Mnr Adams. Hy noem aan my dat dit die los sachets is teen R5.99. Ek verduidelik aan hom dat reg onderaan hierdie toe boks R44.99 gestaan het. Hy het semier geweier om die boks sachets teen daardie prys te gee en sê toe dat dit een sachets se prys is. Ek noem aan hom dat daar is gin manier dat een item R44.99 kan kos nie. Hy en die pakker stap toe terug na die rak. Toe ek by die rak kom is hy besig om die rak reg te pak en se dat dis 'n ander produk wat daar moet kom. Hy stuur toe die pakker om die regte produk uit die stoor te gaan haal wat in die eerste plek bo R44.99 moes staan. Die pakker het 'n ewigheid gevat, want ek het nog weer 'n draai in die winkel gestap. Toe ek weer verby die bestuurder loop sê hy dat ons weer moet wag vir die korrekte item wat eintlik daar moes staan. Die bestuurder verduidelik van human errors en van reduced items wat niks met die saak te doen het nie. Die feit van die saak is. Die item wat jy op die rak sien teen n sekere prys, moet jy vir daardie prys kry dan nie? Die bestuurder het ook gesê ek as klient het nie reg gelees. So ek, as klient moet nou elke item wat ek koop in die winkel eers neem en barcodes vergelyk of dit oor een stem. REGTIG??? Daar is nie in vandag se lewe tyd vir human errors nie. Dis of reg of weg, Of kry die regte sisteme in plek om sulke probleme uit te s***el. DIT IS ONAANVAARBAAR EN UITERS SWAK VAN CHECKERS WELLINGTON SOWEL AS DIE BESTUURDER VIR DIE MANIER HOE HY DIE SITUASIE HANTEER HET. AANGESIEN CHECKERS MY GUNSTELING INKOPE WINKEL IS/WAS IS EK TELEURGESTELD IN DIE PATETIESE DIENS WAT EK VAN DIE BESTUURDER ONTVANG HET. HY HET NET BLOOT GESÊ DAAR IS GIN MANIER HOE HY DIE BOKS CAPPUCCINOS TEEN DAARDIE PRYS GAAN GEE NIE
