JJ
Jeremy J

1 reviews | Active since Jan 2020

22 Jan 2020, 10:01

Unfair labour practice

Goeie Middag

Middag. Ek is 'n merchandiser by Checkers, Paarl in Lady Greystraat. Saterdag het Johnene William's, waarnemende trainee manager by die winkel vir my uit die winkel gesit oor ek nie dadelik na haar opdrag gehoor kon gegee het nie, want ek was besig met 'n flat trolley op die vloer toe sy vir my kom sê (nie vra nie) ek moet my Raid end gaan leeg maak! Toe se ek dood eenvoudiglik net vir haar ek sal dit nou doen sodra ek kla is met die flat van my want die goed/stock wat ek op my flat gehad het, was daar niks van op die rakke of vloer nie. Toe ek by die laaste stock op my flat kom, het sy vir Cheslin (non-foods manager) na my toe gestuur om vir my te kom vra om die Raid af te gaan pak, so asof ek vir haar gese het ek gaan nie die Raid afpak nie. Toe sê ek vir Cheslin ook, sodra ek klaar is met die Turbovites dan kom doen ek die Raid end. Terwyl ek agtertoe stap om vir my bokse te gaan kry om reeds die Raid in te pak, stap sy op na my toe en demand sonder enige manier van praat, WANEER MAAK JY KLAAR MET DAAI RAID HUH!!!? Toe sê ek vir haar "ey ek is besig daarmee". Sy het aangeloop toe kom sy weer terug terwyl ek na bokse soek en kom point my in my gesig met die woorde "ek se vir jou nou jy gaan dai ***en Raid nou loop afpak". Seriously? Dai ***en Raid? Vir iemand wat ook nie te lank gelede ook 'n merchandiser was nie? Toe sê ek vir haar ek is nie jou kind saam wie jy so praat nie, jy praat met my met respek as jy dit terug verlang my af. Toe loop sy en skreeu vir my *** jou! Toe vra ek haar weer, wat ht ek jou nou gese van respek huh? *** jou ook want ek gaan nie toelaat dat jy met my praat soos 'n lap wat skeur nie, nog minder asof ek 'n dier is. En dis nie net ek met wie sy so in die winkel praat of mee optree nie, dis elke liewe merchandiser wat in die winkel is met wie sy 'n problem het en wie met haar wangedrag en dominerende optredes probleem het. Sy wat ha****lf 'n merchandiser was op 'n tyd, wat vergeet het nou waar sy vandaan kom, wil ons soos gemorste kom hanteer. Bestuurders wat baie lank in die winkel nou al bestuur, praat nie eers so saam ons soos sy saam ons praat nie. Sy wat nou die dag die voorreg gekry het om in 'n management se spore te trap. Cheslin het met haar gepraat en vir haar gevra hoekom sy op my geskel het, wat het sy verwag gaan gebeur as sy 1ste lelik is, toe antw sy hom net 'n flou verskoning, hy het dit te stadig na my sin gedoen, dit was net 2m wat hy moes afgepak het. Maar dit was 4m's, 'n hele shopping trolley vol. Sy het geen manier van praat met haar naaste nie, sy weet nie hoe om respek te handhaaf of te toon aan ons merchandisers nie. En ja, daar is selfs van Checkers se eie personeel wie ook 'n probleem met haar het. Ek verlang asb dat hoofkantoor na hierdie saak moet kyk en daarop ag slaan. Ons as merchandisers is ook mense, ons is almal volwasses en verlang om soos volwassenes hanteer te word, met respek behandel te word. Ons doen ook 'n diens vir die Shoprite/Checkers groep. Sy het geen manier hoe om met ons te praat in die stoor of voor op die winkel vloer voor kliënte nie. Ons is byna +20 merchandisers in die winkel van vers****ende maatskappye, nie 20 merchandisers kan dieselfde probleem het met 1 persoon nie. Vra uself af waar en by wie lê die probleem dan regtig? Om u onmiddelike aandag te verkry, gaan ek dieselfde boodskap op die maatskappy se Facebook blad post, asook die complain op Hello Peter post.

Die uwe

Jeremy Joseph

0
Replies (0)