1 reviews | Active since May 2016
Uiters teleurstellend en 'n mors van tyd!

Agv die "baby Friday" promosie op die 13de Mei 2016 het ek deurgery Kaap toe vanaf Robertson net om onverrigte sake terug te moes keer. Die Brackenfell Hyper het om 09hoo geopen en ek was 09h30 daar. Tot my ontsteltenis moes ek uitvind dat die "3 pak wipes" en no 2 en 3 doeke reeds volgens die personeel uitverkoop was, sowel as die Pampers Premium. Daar was egter nog van die enkel verpakking "Cherubs-wipes" op die rak, maar die "supervisor" het volstrek geweier om 3 van die pakke te "override" en as deel van die spesiale aanbod deur te sit. Ek verstaan dat dit 'n ander strepieskode het, maar het al by ander kleinhandelaars ervaar dat hulle dit wel "override" om sodoende goeie kliëntediens te verseker wanneer die voorrade uitgeput was.

DIt gaan my verstand te bowe dat so 'n promosie geloots kan word en dan is die sogenaamde voorraad binne 'n halfuur uitverkoop en geen poging word aangewend om die kliënte tegemoet te kom nie. Hetsy dit 'n fout aan die aankoopskant of 'n tekort aan die vers****** se kant bly dit nog steeds onaanvaarbaar!!

Hierdie is nie my eerste soortgelyke ervaring nie en ek sal in die toekoms 2 maal dink alvorens ek weer vir Checkers ondersteun of hulle promosies ernstig opneem! Ek wil ook net noem dat ek nie die enigste ontevrede kliënt was nie, maar dat daar nog etlike ander hoogs ontstelde mense was.