1 reviews | Active since Dec 2014
Money gone
Op die dag van 02/10/15 het ek R1000 Money Market gedoen by Shoprite South Africa. Die volgende dag het die persoon vir wie die geld oorbetaal was my ge****ak en gese dat die geld reeds ontrek is. Ek het terug gegaan Shoprite toe en hulle het vir my gese om n affidavit te gaan maak sodat hulle my kan help. Toe maak ek so. Ek is terug Shoprite toe net sodat hulle vir my kan se waar die geld ontrek was. Toe ek die bestuurder vra vir die ID nommer van die persoon wat die geld ontrek het toe het sy eenvoudig haar skouers opgetrek en gese sy kan nie daai inligting vir my gee nie ek moet n saak gaan open by die SAP!! Nou teen wie moet ek n saak gaan oop maak as ek nie eers n naam of n ID nommer van die persoon het nie? Nou is my geld net weg en niemand om verantwoordelik te hou nie asook niemand wat my kan help nie!! Ek soek dit uitgesorteer anders gaan ek n saak van bedrog maak teen Shoprite/Checkers self!!!
