1 reviews | Active since Jul 2019
Hoogs teleurgesteld in Checkers Pretoria Noord
Province: Message Type: Complaint Store: Pta Noord Hyper Online Order Reference Number: null
Message: Graag wil ek hierdie insident rapporteer en indien daar nie die nodige aandag aan gegee word nie, ek bereid is om tot die 'extreme' te gaan om die persone wat my so verneder het, te laat voel hoe dit moet wees. Vanoggend 29/10/2019 om ongeveer 13hoo het my ma vir my geld gestuur en gebruik gemaak van Checkers se Money market. Omdat sy bejaard is, het sy iemand anders gestuur om die geld vir my te stuur met sy naam en ID no natuurlik. Ek het die sms en pin ontvang en is na die Money market met my tel en ID dokument om die geld te gaan afhaal. By die money market het die dame wat daar werk die persoon wat fisies die geld gedeponeer het, se naam en van he, want volgens haar vra die rekenaar dit. Omdat die persoon se besonderhede onbekend is aan my en ek ook so aan die dame verduidelik het. Sy het aan my gevra of die persoon wat die geld gestuur het, nie 'n selfoon het nie waarop ek ge-antwoord het dat die persoon onbekend is aan my en dat ek gou my ma sal moet ****ak om die besonderhede te kry. Sy het die rekenaar se skerm so gedraai dat ek daarop kan sien en driftig met haar nael op die skerm getik het en aan my gese het - vir die 2e keer - dat ek nie verstaan nie en sy seker wil maak dat ek verstaan nadat ek by haar lugtyd gekoop het om te bel. Sy het beslis probeer om my dom en on-ingelig te laat lyk of sy het probeer om die blanke - soos ek - probeer afkraak of stupid laat ly. Ek het haar meegedeel dat sy nou al 2 keer aan my verduidelik het hoe die stelsel werk en dat dit heeltemal oorbodig is en ongevraagd was. 'n Ander dame - Checkers werknemer - met die naam Charmain het daar verby geloop waarop die dame van die Money market haar nader geroep het en aan haar gevra het om aan my te verduidelik hoe die stelsel werk om geld by die money market te ontvang. Ek het haar meegedeel dat dit onnodig is om weer aan my te verduidelik aangesien dit alreeds 2 keer aan my verduidelik is en terloops nie kan sien wat die rede is waarom ek die persoon wat die geld gestuur het, se besonderhede moet ken nie. Charmain het aan my gese dat daar daagliks duisende *****s inkom SOOS EK om geld by die money market te ontvang. Ek was uit die veld geslaan en erg verneder en dit voor ander klante. Ek het aan Charmain gese dat dat dit swak is om klante of voornemende klante so te behandel en dat ek hierdie nagmerrie verder gaan vat waarop Charmain aan my gese het dat ek moet maak wat ek wil. Ek wil hierop kommentaar lewer en wil eerstens vir Checkers vriendelik inlig dat dit nie vir my 'n voorreg is om by Checkers te koop nie, maar dat dit vir Chechers 'n voorreg is dat ek hul ondersteun as most valueble customer. Sonder mense soos ek se aankope by Checkers, kan Checkers maar sy deure sluit. Ek is erg verneder en uitgekryt as 'n *****. Ek is in die eerstse plek fyn opgevoed en ken my plek in die samelewing en is boon-op nie ongeskool nie soos die 2 dames dit wou laat blyk het. Indien Checkers nie binne 24 uur reageer en my omverskoning vra en vergoed vir die swak diens en die ongevraagde aantygings en vernedering deur Checkers weknemers nie, ek genoodsaak sal wees om die aantygings en vernedering met my prokureur te bespreek en 'n eis teen die groep in te stel. Ek ken ook die pad 'Hello Peter' toe en sal nie skroom om - soos wat ek aan die begin genoem he - tot die extreme sal gaan.
Checkers se terug voering : Beste Mev Loots
Baie dankie dat u hierdie saak onder ons aandag bring.
Ek is jammer oor u slegte ervaring by Checkers Pretoria Noord.
U boodskap sal aan die divisiebestuur aangestuur word sodat hulle aandag hieraan kan skenk. Een van ons verteenwoordigers sal binnekort met u in ****ak wees.
Ten slotte bedank ek u vir u ondersteuning en vir die tyd wat u afgestaan het om met ons binne ****ak te tree.
Vriendelike groete Alize Feris Klantediens: Checkers
Verder tot die bogenoemde : n Dag na die insident het Checkers se HR my ge****ak en ek moes weer die hele voorval aan haar oorvertel. Sy was geskok en het weereens verskoning gemaak. Sy het die footage van die insident bestudeer. Volgens haar mag 'n Checkers werknemer nie in 'n swart taal voor blanke klante praat nie, maar is veronderstel om Engels te praat. Die feit dat die swart Checkers werknemer in my teenwoordigheid in 'n swart taal gepraat het en tsk gemaak het, is 'n teken van minagting. Charmain - wat ek agterna uitgevind het - Store Manager is - het haar nie reggehelp nie soos wat dit 'n senior werknemer se plig is nie, maar eerder gehelp het om my verder te verneder. Die HR wou ook by my weet waarom ek my lee mandjie by die coke yskas neergesit het, waarop ek ge-antwoord het dat ek te vernederd gevoel het en ook nie bereid was om 'n winkel wat my prontuit beskuldig dat ek 'n ***** is, te ondersteun nie. Sy het my ook meegedeel dat hierdie insident weereens bewys het dat Charmain nie opgewasse is om 'n nood situasie te hanteer nie. Volgens die HR sou sy my die volgende dag ****ak om die ongelukkige voorval reg te stel. Tot op datum het niemand my ge****ak nie. Ek is nog nooit so in my lewe verneder en vals beskuldig nie en dit voor ander klante nie, Na dese weier ons as gesin om Checkers winkels te besoek of om enige Checkers produkte in my huis te bring. Ek het Checkers vriendelik gewaarsku om die aangeleentheid reg te stel, waarop hul natuurlik traag is om te reageer. Ek het reeds 'n afspraak met my prokureur gereel en is vasbeslote om hierdie swak en patetiese winkel 'n les te leer en ook om hul te laat besef dat die klante nie verlee is oor Checkers nie - daar is te veel ander winkels waar ons ons aankope kan doen. Ek hoop dat Checkers bereid is om uit hul foute te leer, anders sien ek vir hulle 'n donker toekoms. Vriendelike groete Mev Christina Loots ***
