1 reviews | Active since Nov 2018
Checkers Vredendal
Ek het nou al paar keer swak diens by Checkers in Vredendal gekry. Gewoonlik graag my inkopies daar gedoen. • Ek het gestaan om kos by die deli te kry, waar drie mense wat na my daaraan gekom het voor my gehelp was, waarvan 2 werkers van Checkers self was. Toe gaan ek til toe waar ek vertel word dat sy eers iets van haar til af moet haal, maar met my aankoms was sy eerder besig om haar lippe te doen eerder as om haar til in orde te kry. • Presies 'n week later is ek wragies weer Checkers toe. By die til word ek gevra of ek 'n sakkie wil hê, waarop ek antw ja asb. Een sak was gepak en die res toe alles bo op die sak in die waentjie gepak. As ek betaal vir 'n sak verwag ek genoeg sakke om al my inkopies in te kan dra.
Hierdie is glad nie die diens wat ek verwag nie en sal nie weer my inkopies daar doen nie. Werkers kan almal leer wat is vriendlikheid
