1 reviews | Active since Jul 2010
CHECKERS RASLOUW
Checkers Raslouw is verseker een van die vuilste winkels indien nie die vuilste nie. Die oomblik wat jy daar instap hang daar 'n reuk van vrotvleis regoor die winkel vanaf die skoonmaakmiddels tot sover as by die groenterak. Ek was verseker gister die laaste keer daar en sal nie weer my voete daar sit nie. Dit is 'n reuk wat aanhoudend in die winkel hang ongeag, maar gister was nog die ergste. Geen mens wat sy gesondheid inagneem nie sal daar wil koop nie, hulle groente lê in vrotsap, gister was dit die waatlemoene se beurt, maar daar is altyd iets vrot in daai winkel, die personeel is onbehulpsaam en onvriendelik. Julle noodsaak mens om eerder die opposisie te ondersteun ongeag jul pryse. Niemand wil in vuil onhiegiëniese omstandighede inkopies doen nie!!! Sies vir Checkers waar is die kosinspekteur? Miskien moet daar veral met die winkel gemaak word soos met meatworld en kie, wat besluit het hulle kan vrot goed aan hul kliënte verkwansel. CHECKERS RASLOUW WEN DIE PRYS VIR DIE VUILSTE EN STINKSTE WINKEL IN CENTURION! BRAVO DIT WIL GEDOEN WEES!!!
