1 reviews | Active since Jun 2016
Checkers, Baywest Mall-Bus ticket Dissapointment
8 Feb 2023 koop ek 'n buskaartjie vir Interkaap by Checkers Baywest Mall. Let wel, ek is 'n penionaris en kan nie lekker sien as ek nie my bril op het nie. Op die dag het ek en 'n vriendin albei kaartjies geboek. Sy vanaf Port Elizabeth na George en ek vanaf Port Elizabeth na Mosselbaai-Voorbaai. My vriendin se kaartjie is reg geboek. Sy is ook 'n pensioenaris. Ek het die dag nie my bril by my gehad nie. So ek het die kassier twee keer gevra of my aflaai punt in Mosselbaai is. Sy het 2 keer bevestig dat dit wel so is. Maandag aand vra my dogter my kaartjie om seker te maak dat als reg is en sy kan weet hoe laat sy ons by die busstop moet he. Dis toe hier wat sy sien dat my aflaai punt verkeerd geboek is. Ons is die Dinsdag aand na Checkers in Baywest Mall, Port Elizabeth waar ek die kaartjies gekoop het. Dis op en af. Niemand aanvaar verantwoordelikheid nie. Dus is my kaartjie gekanselleer en oor geboek. Teen 'n veel duurder prys omdat dit letterlik n dag voor die tyd geboek is en my ou kaartjie n week. Ek moes R415-00 ekstra betaal. Checkers was geensins bereid om my selfs halfpad te ontmoet nie. Hierdie was nie my fout nie en ek hou die kassier 100% verantwoordelik daarvoor. Soos ek se, ek is 'n pensioenaris en moes nou R415 meer op 'n kaartjie betaal wat nie my fout was nie plus 'n dag voor die tyd se boek teen n duurder prys. Kom aan Checkers. Julle kon te minste probeer het en die regte ding gedoen het. Maar julle speel die blame game. Dis Interkaap. Die regional Manager se so. Weet julle wat, in my hart weet ek wat ek daai dag 2 keer vir die kassier gese het. Omdat my vriendin wat in George afklim kon sy maklik n fout gemaak het. Mens is mos maar mens. Maar hemel, man up en vat verantwoordlikheid en hou op ou mense rob vir foute wat jul kassier gemaak het. Clinton was ook nie veel help nie. Hy ja en amen ook maar. Die kassier aan diens het 'n houding gehad en tog het sy nie eens daai dag gewerk nie asook die Supervisor. Ek is so teleurgestel in julle, Ek koop elke dag by julle en geniet die winkel so baie. Maar hierdie insident laat 'n bitter smaak in my mond. Doen die regte ding en refund my vir die fout wat julle gemaak het.
