1 reviews | Active since Nov 2018
Blou Maandag en ongeërgde takbestuurder by Checkers Hyper Boksburg
Was daar om 'n selfoon, koordlose hand stofsuier, en 'n Genesis battery vloer en mat veër te koop. 1. Daar was GEEN Selfoon Demonstrasie modelle nie 2. Die selfoon wat ek wel wou koop se informasie op die sisteem was nie korrek vir verkope nie. 3. Terwyl ons staan en wag staan daar 'n onvriendelike werknemer by die kassier besig om 'n pastei en Coke te koop. Ons identifiseer toe die onvriendelike persoon net langsaan op 'n foto galery vd bestuur as die takbestuurder, heel ongeërg oor die stelsel betaling probleme wat die klante ondervind. 4. Die koordlose Hand stofsuier is by die verkeerde kategorie gesit, ipv by motor voertuig toebe**** was dit by Huishoudelike toerusting. Dit is die Auto handstofsuier. Ek sal dit maar hou en gebruik. Eintlik moes ek die ander een gevat het . 5. Verder was die rye na die kassiere gesplit sonder verduideliking watter express is. Dit het verwarring en ongeduld versoorsaak. Terwyl die eenkant loop en hoop die anderkant op en kassiere sit en niksdoen.
