FM
Frik M

1 reviews | Active since May 2022

08 Aug 2023, 12:42

Regtig geen terugvoer.

Goeie môre almal. Ek is nie iemand wat sommer kla nie maar shoe! Ek het my VMax motorfiets die 21ste Julie aan Jakkie gegee omdat die starter clutch gebreek het en gevra dat hulle dit asb sal herstel. Ek is toe met die bus terug Noupoort toe waar ek bly. Laas week het ek telke male an Jakkie boodskappe gestuur waar ek hom gevra het of die fiets al klaar is want my ouers sal my in Noupoort kom haal dat ek die fiets kan kom haal in Bloemfontein en dan weer terug gaan Noupoort toe. Hy het alles ge lees en my boodskappe ge luister. Gister, Maandag toe ek by die werkswinkel opdaag is Jakkie nêrens te vinde nie en na baie boodskappe en oproepe het hy my laat weet hy wag nog vir ʼn seël. Vandag is hy glo weer tuis besig en kry ek hom gladnie in die hande nie. Geen kommunikasie. Ek moet by die werk kom want ek het slegs Maandag verlof gehad. Kos ons nou al meer as R2500 aan brandstof vir heen en weer ry en geen resultate of bekommernisse van Jakkie se kant nie. Dit maak dinge baie moeilik en veroorsaak onnodige probleme wat maklik kon verhoed gewees het as Jakkie net meer met mens praat. Ek is regtig ontevrede met die kliënte diens wat ek sover ontvang het.

0
Replies (0)