1 reviews | Active since Aug 2019
Dankbaar dat ons 'n pad saam met CCA kan stap.
My twee seuns is reeds 13 jaar betrokke by CCA Cape Town. Gedurende die afgelope 13 jaar het ek en my kinders baie meer uitgekry by CCA as die lidmaatskap waarvoor ek betaal het. Slegs die 6 maandelikse gratis fotos was meer werd as my lidmaatskap. My kinders se gereelde fotos is tans vir my goud werd. Dit is vir my lekker om hul groei te kon volg met al die fotos. CCA self gee nie vir die kinders werk nie. Hulle doen egter net die advertensie van die kinders. Die produsie huise kies die kinders. My kinders was gelukkig om wel gedurende die 13 jaar gekies te word maar daar het lang tye verby gegaan wat hul geen werk gedoen het nie. Die werk wat hul egter wel vir CCA gedoen het het vir hul baie meer beteken as die geld wat hulle vir die werk betaal is. Dit het hulle plekke laat sien waar hul nooi sou kom anders nie. Hulle het ook die voorreg gehad om saam met bekende mense te werk. Dit het vir hulle baie meer selfvertroue gegee. CCA het ook gedurende 'n Junie vakansie drama klasse gegee vir laer skool kinders. My een seun is deur CCA gekies om die drama klasse by te woon. Hy het dit so geniet dat hy Drama en Musiek sy loopbaan wil maak. Die liefde vir drama is deur CCA by my kind gekweek. My twee seuns word altyd met die grootste liefde behandel. Ek neem aan dit is omdat almal by CCA hulle ken. Hulle kry egter geen voorkeur werk nie, aangesien CCA self nie die werk gee nie. Ek is na 13 jaar baie dankbaar dat ek die pad saam met CCA gestap het. CCA het slegs 'n positiewe invloed op my kinders gehad.
