JB
Jason B

1 reviews | Active since Aug 2019

15 Aug 2019, 16:26

SKOKKENDE STANDAARDE BY CASA FLORA GASTEHUIS IN SILVERLAKES

Die gastehuis adverteer n belowende status met n hoë gradering, maar daar is GEEN senior-besturende personeel of eienaar teenwoordig met die verwelkoming van gaste nie!? Casa Flora adverteer n VOLLEDIGE KROEG wat beskikbaar gestel word aan gaste in die gastehuis. Daar is alkoholiese drankies wat reeds verval- / sperdatum oorskry het (vind foto aangeheg) wat dalk ‘n negatiewe effek op die verbruiker kan hê. Met verdere ondersoek is daar vasgestel dat Casa Flora Gastehuis GEEN dranklisensie het nie. Die drankraad in Pretoria het bevestig dat daar verskeie besware teenoor die gastehuis gelewer was, waaronder hulle sonder n wettige dranklisensie handeldryf. 'n Opmerking is deur 'n personeellid (wat verkies om anoniem te bly) gelewer dat hul selfs MOTORHUISE in GASTEKAMERS omskep het - wat vermoedelik nie goedgekeur is nie. Volgens hul skoonmakers het Mnr Ratlhagana, die vorige persoon in bestuur, skielik bedank, en was nooit vervang nie. Een van die werkers het ook erken dat die eienaars kostes besnoei deur dikwels geen senior persone op die perseel te hê nie, dus is die skoonmakers verantwoordelik vir meeste van die ander take en werke – soos byvoorbeeld kosmaak en ontvangsbestuur. Die huishoudelike skoonmaker berei tot die ontbyt voor - wat nie naastenby genoeg vir al die gaste was nie. Verder is daar ook minderjarige kinders wat sonder toesig vrylik in- / en rondom die eiendomme beweeg, menend hul word gereeld blootgestel aan onbekende gaste en word dus in 'n hoërisiko-omgewing geplaas. Volgens die personeel kan die jongste kleinkind ook nie swem nie, tog word hulle blootgestel aan 'n swembad sonder n veiligheidsnet - wat buitengewoon gevaarlik is U kan vertrou dat ons NIE terug sal wees nie!

0
Replies (0)