GC
Geraldo C

1 reviews | Active since Jun 2026

10 Jun 2026, 12:00

*Cartrack Upington — Diensversuim Na Taxi Diefstal 07 Maart 2026 | 0/5*

*Wat gebeur het:* Ek is Geraldo Coetzee, eienaar van GERALDO COETZEE TRADINGS. Ek het 4 taxi’s met Cartrack eenhede.

*07 Maart 2026:* My 2022 Toyota Quantum CZC351NC is gesteel in Upington. Cartrack eenheid was aktief. Ek het Cartrack Upington dadelik in kennis gestel en diefstal rapporteer.

*Diensversuim:* 1. *Geen herwinning:* Ten spyte van aktiewe tracking, is CZC351NC nooit teruggevind nie. Laaste sein is nie aan my verskaf nie. 2. *Geen ondersteuning:* Ek het geen oproep, SMS of e-pos ontvang met updates na diefstal rapportering nie. 3. *Verwyder van eenheid:* Die gesteelde voertuig is na bewering van sy Cartrack eenheid gestroop. Ek het geen waarskuwing van "tamper alert" ontvang nie. 4. *Rekening hou aan:* Cartrack het voortgegaan om my maandelikse fooie te debiteer na diefstal, alhoewel die diens nie gelewer is nie. 5. *2de Taxi:* 10 Maart 2026 is my 2de taxi CYC659NC ook gesteel. Weereens geen herwinning, geen pro-aktiewe hulp van Cartrack nie.

*Impak:* As gevolg van die verlies van 2 voertuie in 3 dae, het my besigheid totale inkomste verloor. Ek moes bates verkoop om te oorleef. SAPS saak is oop.

*Wat ek verwag het van Cartrack:* 1. Onmiddellike voertuig opsporing en herwinning soos geadverteer. 2. 24/7 pro-aktiewe kommunikasie na diefstal. 3. Tamper alerts wanneer eenheid verwyder word. 4. Skriftelike ver**** van laaste GPS posisie + pogings om te herwin. 5. Stop van debietorders sodra voertuig as gesteel bevestig is.

*Niks hiervan het gebeur nie.*

*Eis:* 1. Volle skriftelike ver**** van aksies geneem op 07/03/2026 en 10/03/2026 vir CZC351NC en CYC659NC. 2. Omkering van alle fooie gehef na diefstal datums. 3. Vergoeding vir verlies weens diensversuim.

*Ek beveel Cartrack nie aan vir kommersiële vlooteienaars in die Noord-Kaap nie.* As jou brood-en-botter van jou voertuie afhang, kan jy nie bekostig dat tracking misluk wanneer jy dit nodig het nie.

*CAS nommers beskikbaar op versoek. Korrespondensie gedokumenteer.*

0
Replies (0)