EG
Elmarie G

1 reviews | Active since Feb 2020

26 Oct 2020, 14:02

UITERS SWAK DIENS

Gedurende Julie vanjaar het Capital Legacy twee agente gestuur om 'n produk aan ons te verkoop. Ons het afspraak gehad na ure by my huis en 'n ene Leon het my besoek. Die nodige inligting is verskaf en ek sou, volgens hom, binne 2-3 dae my Testament ontvang om te teken en dan sou 'n koerier dit kom optel. So wag ek vir die Testament om op te daag wat toe in die 1e plek nie gebeur in die tydperk gemeld nie. Intussen bel die koeriers my op daaglikse basis om te hoor of hulle die getekende dokument kan kom optel. Ek moes verskeie kere meld dat ek dit steeds nie ontvang het nie. Ek het intussen ook probeer om die konsultant in die hande te kry sonder enige sukses. Nie telefonies of per sms nie. Dis asof hy nie bestaan nie. Net daar het ek besluit ek wil nie verder met Capital Legacy iets te doen hê nie. My volgende stap, 3 Augustus, was om 'n versoek te rig om dit te kanselleer voor die aanvangsdatum. Elke keer wanneer ek navrae doen om te hoor of dit al gekanselleer is, word ek in kennis gestel dat dit voor die aanvangs datum gekanselleer sal word en ek die e-pos kry wat dit bevestig. 13 Augustus versoek ek dat hulle bevestig of dit reeds gekanselleer is. Weereens wor ek verwittig dat dit voor intree datum sal geskied. Hoe nader die intree datum kom, het ek probeer vasstel of dit al gekanselleer is. Die bevestigings e-pos het ek in die maand ontvang. Probleem is, toe ek my salaris advies vir die maand ontvang op 20 Oktober reflekteer die Capital Legacy afttrekking op my salaris. Die 21ste stuur ek 'n baie lang e-pos om my misnoeë uit te spreek jeens die maatskappy. Vandag toe versoek ek dat hulle moet sord dat die geld wat Vrydag van my salaris sal verhaal word, aan my terug betaal moet word. Net om my weereens vas te loop in jog 'n struikelblok. Ek moet dit nou by my HR gaan kanselleer. Hoe de ongeluk? My versoek was deurgesit op 3 Augustus vir kansellasie. Hulle moes dit in elk geval nie deurgesit het na my Hoofkantoor vir betaling nie. Daar word duidelik nie prosedures gevolg nie. My vraag is net, hoekom moet 'n kansellasie in elk geval wag tot voor intree datum? Hoekom kan dit nie dadelik hanteer word nie? My common sense sê vir my dit moet dadelik gedoen word voor die goed na die kliënt se hoofkantore deurgesit word vir betaling. Ek dink die 2 maande wat verloop het sedert die versoek was voldoende genoeg om die nodige te doen en te voorkom dat ek nou moet sukkel om hierdie geld wat afgaan terug te kry in my sak. Swak diens is nie die woord nie!

0
Replies (0)