1 reviews | Active since Feb 2024
Ongeskikste eienaar ooit
So mense. Ek het Donderdag vir my nuwe bakkie gekoop. Ek het dit Vrydag op die perseel van Cape Gardens center se gronde parkeer. Later die aand toe ek trug kom by my bakkie sien ek toe hulle het 'n sprinkler agter my bakkie gesit en my bakkie deeldag vol van daai vuil water gespuit. Die bakkie is nou so geel gevlek dat ek nou moes R600 betaal het om die bakkie te laat was en buff om die geel vuil vlekke van die bakkie af te kry. Toe ek die eienaar bel van Cape Garden center en hom vertel van die storie toe raak hy baie ongeskik oor die foon en sê dat dit is sy grond en hy gaan my nie refund nie en my bakkie is nie weer welkom op sy gronde nie want ek pla hom nou met ***. So ek persoonlik sal nooit weer enige iets daar koop nie en niemand aan beveel om ooit daar besigheid te dien nie. #GapeGardenCenter
