1 reviews | Active since Feb 2019
Ek het Cami gekoop na aanleiding van die brosjure wat aan my gestuur is - waarin daar uitdruklik gemeld is dat kinders persoonlike lesplanne sal kry met toegang tot 'n tutor 20 ure per week. Daar is ook gemeld dat ons genooi sal word dat daar 'n evaluasie gedoen sal word om die vlak van lees en wiskunde te bepaal waarop my kinders is.
Hier is uittreksels uit die Cami brosjure en die tutor "Welcome note":
• Diagnostic assessments to establish strengths and weaknesses. • Personalised lesson plans to suit each learner’s abilities and learning pace. • Ongoing monitoring of learner’s work right through to Grade 12. • Access to qualified teachers through the Homework Helpline - 20 hours per week, Monday to Friday
Workshops and Assessments - you will shortly be receiving an invitation to attend a CAMI Assessment and Workshop at our offices. Your children will do a maths and reading assessment under controlled conditions, to further help the tutors in pinpointing your children’s strengths and weaknesses.
Die uitnodiging het nooit gekom nie. Ek het ook gou besef, nadat ek 'n paar keer my kinders se verslae ingestuur het, dat die persoonlike leerplanne ook nie gaan gebeur nie. Maar ons het nogsteeds vir 'n wyle die weeklikse lesplanne per e-pos ontvang wat baie gehelp met my kinders se wiskunde en tale.
Hierdie jaar het ek nog glad nie 'n lesplan gekry nie. Bloot 'n e-pos wat meld dat Futurelearn alle funksies rakende Cami tutor ondersteuning gaan oorneem. Na ongeveer 10 oproepe na Future learn het ek nie eenkeer antwoord gekry nie ten spyte daarvan dat ek meeste kere tussen 5 en 6 minute aangehou het.
Gister het ek uiteindelik met Cami se hoofkantoor gepraat - net om te hoor dat Cami in die proses is om gestandaardiseerde lesplanne op te stel.
Dit is totaal en al strydig die belofte wat aan Cami gebruikers gegee is met die aankoop van die program. Dit is duidelik dat die beloftes wat deur Cami aan my gemaak is nie nagekom word nie en ek sal niemand aanbeveel om hierdie program te koop nie.