GB
Gloudine B

1 reviews | Active since Jan 2023

16 Jan 2023, 11:01

Swakste Diens

Wat 'n absolute nagemerrie ondervinding, ons het die hotel besoek op 2 Januarie 2023 vir aandete, in die 3 ure wat ons daar was moes ons self ons drankies by die kroeg gaan koop, self 'n kelner gaan soek net om ons kos bestelling te neem, self 3 keer net iemand wat daar werk gaan soek om uit te vind hoe lank ons bestelling gaan neem, na 2 ure self na die kombuis gaan, net om te hoor hulle skil nou die aartappels! Gedurende hierdie hele 3 ure het niemand na ons tafel gekom om skoon te maak, te hoor of alles in orde is, geen diens. Nog nooit so iets beleef. Ons is daar weg met geen kos wat uitkom. Ons het dit onder die Country Hotel groep se aandag gebring, tot op datum geen terugvoer. Selfs toe ons uitstap en by die ontvangs gaan verduidelik wat ons beleef het, is dit net ligtelik afgemaak, geen ****akbesonderhede gevra. Duidelik 'n groot probleem by hierdie hotel.

0
Replies (0)