1 reviews | Active since Nov 2019
CtheWorld is Amazing
Ons het al 3 toere saam met Ctheworld beleef. Elkeen was amazing! Mei 2014 Wes-Europa. Ongelooflike eerste ervaring! Junie 2017 Croatia. Wat ń belewenis! April 2019 Oos-Europa. Sjoe, wil net weer gaan! Ctheworld reël alles vir jou teen 100% die beste toerprys in S.A. Hulle organisasie is puik. Akkomodasie is gerieflik en busvervoer veilig en gerieflik. Toergidse is behoorlik opgelei, vol energie en gee hope idees ivm ekstra ekskursies ens. Toergidse help waar nodig en gee ook genoeg vrye tyd vir self rondloop. Hulle is intellegente hoogs gekwalifiseerde gidse. Ons is alreeds weer bespreek vir die Passiespeletoer Oktober 2020. Ons beveel Ctheworld by al ons vriende en vreemdelinge aan. Kom en geniet julself saam met ń super bekostigbare toergroep! Adél en Deon du Plessis Paarl, Wes-Kaap.
