1 reviews | Active since Dec 2013
Ek het vandag Builders toe gegaan in Curie laan en R6790 se produkte gekoop. By betaalpunt gekom en besigheidstjek gegee wat ek al baie mee gekoop het by die winkel. Die tjek kin nie deurgesit word nie want hulle bly offline of gooi error uit. Die staf was ook nie baie behulpsaam nie. Nadat ek my gruwelik vererg het, het ek gese los die produkte en gee my tjek. Ek voel dit is swak diens dat niemand jou kan help nie en dit was goed wat ek dringend nodig gehad het. As julle sisteme nie werk nie, kry sisteme wat wel werk asb of kry mense wat met die sisteme kan werk. Jy staan met n klomp goed en wil betaal maar kan nie, jy voel minderwaardig en ek voel dit is baie swak.
Best regards,
Best regards,
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.