1 reviews | Active since Oct 2016

20 Oct 2016, 14:01

Onverstaanbaar??

'n Rukkie terug was plafon borde/velle op 'n spesiale aanbieding. Dit het te goed geklink om waar te wees. Toe vra ek 'n vriend wat 'n bouer is om vir my te gaan uitvind. Hy he 3 maal vir hulle gevra of die prys reg is en hulle het bevestigend geantwoord. Hy het my laat weet om te kom betaal en ek het. Later kom hulle agter hulle het 'n fout gemaak. Die 50 plafon borde/velle waarvoor ek reeds betaal het, moes eintlik net 5 gewees het.

Toe verbied hulle my die winkel en sê dat ek nie meer daar inkopies en besigheid mag doen nie.

Dit is die winkel bestuurders (managers) wat my so behandel.

Die rede hoekom ek nou eers daarvan melding maak, is omdat ek gedink het met tyd sal dit beter raak. Ek was nou die dag in die winkel en hulle het geweier om my te help.

Ek het vir aflewering betaal. Toe hulle die plafon bring, is daar vir my gesê dat hulle dit op die sypaadjie in die straat mag aflaai anders is hulle werk in gedrang. Hulle mag dit nie binne my erf inbring nie.

Ek is baie ongelukkig oor die manier waarop hulle my behandel. Al wat ek gedoen het, was om te betaal. Hulle het 'n baie lelike houding teenoor my.

Wat moet ek doen? Ek wil graag plaaslik ondersteun. Nou moet ek buite die dorp gaan besigheid doen wat my petrolgeld kos, maar dan is die produkte wat ek koop goedkoper.

Dit is nie lekker om so behandel te word nie.

0
Replies (0)