1 reviews | Active since Nov 2020
Budget Versekering die vrotste versekering by ver
Ek wag nou al 7 dae vir net 'n erkenning dat Budget my e-pos oor die skade ontvang het en tot vandag niks nie.
Ek was in 2 afsonderlike ongelukke gewees binne 2 weke, 1 waar ‘n persoon in my voertuig vas gery het op die regterkant en die ander waar ‘n dame in my kar vasgery het op linkerkant in die parkeer area. Budget het my opdrag gegee om eers die voertuig na M&N Bakwerke te neem vir die kwotasie op die regterkant en vir die linkerkant moes ek die voertuig Worcester Bakwerke toe neem. Ek het gevra hoekom moet ek die voertuig na 2 verskillende bakwerke neem, ek sal dit graag by 1 plek wil laat reg maak, waarop Worcester Bakwerke gekies is om die herstel werk te doen. Covid het ongelukkig gekom toe ek my voertuig moes invat en ek moes die reperasies op ys sit tot ons die voertuig kon neem om reg te maak. Worcester Bakwerke het gekwoteer om die 4 deure te vervang, aangesien die voertuig nog ‘n nuwe voertuig is en al 4 die deure gesak het met die 2 botsings. Ek het ‘n afspraak gemaak om die voertuig te laat regmaak op ***. Op 16/7/2021 het Worcester Bakwerke my gevra om weer die voertuig in te bring sodat hulle net seker kan maak daar is nie enige ander skade op die voertuig nie, James het deur die voertuig en kwotasie gegaan en bevestig dat daar geen ekstra skade op die voertuig is nie. Ek het die voertuig ingeneem 19/07/2021 om dit te laat regmaak en het die voertuig weer gekry op 03/08/2021. Ongelukkig het niemand van Worcester Bakwerke saam met my om my voertuig gestap om te kyk of alles in orde is nie, die sleutel is net in my hand gedruk en gesê die voertuig staan buite. Met my aankoms by my woning het ek deur my voertuig gegaan om te kyk of alles reg gemaak is en het met ‘n baie groot skok en teleurstelling gesien hoe my voertuig meer beskadig is deur Worcester Bakwerke. Ek het vir Budget versekering gebel en met Bongiwe gepraat en aan haar rapporteer dat die voertuig meer skade op het en dat Budget nie vir Worcester Bakwerke moet betaal totdat my voertuig herstel is nie. Sy het my verseker ‘n assessor sou my dieselfde dag terug bel, maar tot vandag wat 12/08/2021 is het geen assessor my gebel om te vra wat aangaan met my voertuig nie, wat kommerwekkend is om die minste te sê. Riaan van Worcester Bakwerke het my egter ges***el en gevra wat is fout met die voertuig, ek het tot gister (11/08/2021) self met Worcester Bakwerke gepraat oor die toestand van my voertuig, maar voel dit is nou Budget versekering se plig om in te gryp met die gemors wat aangevang is met my voertuig. Ek moes foto’s neem en aanstuur na Worcester Bakwerke aangesien daar reeds vir my gesê is dat daar agterna stories gaan kom oor die skade van my voertuig. Dit is asof Worcester Bakwerke vir my sê ek ken nie my eie voertuig nie en ek weet nie hoe my kar gery en gelyk het voor ek dit afgegee het op 19/07/2021 by hulle nie. Die volgende skade is aan my voertuig gerig: 1. Eerstens breek Worcester Bakwerke die regter agter venster se trimming af en plak dit terug sonder om my in kennis te stel van die part wat gebreek is en net geplak is. Selfs toe ek my voertuig gaan haal het is ek nie in kennis gestel van die skade nie, ek het dit gesien toe ek by my woning stop en deur my voertuig gaan om te kyk of alles reg gemaak is. Ek het met Worcester Bakwerke gepraat en hulle was baie verbaas dat niemand my in kennis gestel het van die part wat gebreek het nie, nie eens toe die sleutel in my hand gedruk is ek vir my gesê is daar staan jou voertuig nie, 2. Albei die agterste vensters se tinting is gekrap en die trimming om die vensters het ook baie fyn krap merkies op, 3. Die deur rubber van die linker agterdeur is nie ordentlik ingesit nie en daar is ‘n punt wat los is, 4. Al 4 die deure is nie gelyk “align” nie, en die suis geluid wat dit maak terwyl mense ry is om van mal te raak. Dit klink of daar ‘n venster oop is. 5. Daar is ‘n grys material binne die deure gesmeer wat onder by die deur se gate uitloop, dit voel soos “grease” as jy daaraan vat, 6. By al 4 die deure is die plastiek trimming wat die material bymekaar hou, nie reg geinstalleer nie en is die punte los, 7. Albei die agter deure is binne gekrap op die rubber gedeelte, 8. Die linker agter deur het merke aan die binnekant, 9. Voor op die voertuig by die “park” lig is die skraap reg gemaak op die “fender”, maar die skraap reg langs die lig is nie reg gemaak nie 10. Worcester Bakwerke het my voertuig binne en buite met ‘n blink politoer gesmeer wat die kar so glad en blink gemaak het, dat dit nogals moeilik was om te ry met my hande wat gly van die stuurwiel af, tot my voete wat van die pedale afgly en van die voetmat af, ja tot die rubber blokkie op die voetmat is gepolitoer met die blink politoer. Ek het my kar na Cream Carwash gevat wat die enigste plek is wat my voertuig was om die blink politoer af te haal, aangesien dit vir my ‘n gevaar was om so te ry. Met die 1ste afhaal van die politoer het ek duidelike skraap plekke buite en binne my voertuig gesien en word daar vermoed dat my voertuig met ‘n chemikalieë gewas is, aangesien die die Suzuki Badge voor op die enjin kap se verf is af. Die voertuig is splinternuut gekoop waarvoor ek bitter hard werk en om dit in dié toestand terug te kry is hartverskeurend. My voertuig is nie meer dieselfde nie, dit ry nie eens meer dieselfde nie en ek is bitter ongelukkig met die werk wat gedoen is aan my voertuig. Ek verwag van Budget versekering om die skade te ondersoek en terug te kom na my hoe dit reg gemaak gaan word en hoekom is die 4 deure nie vervang soos oorspronklik gekwoteer nie.
We are disappointed to hear about your service experience.
However, our team will look into your matter and contact you with feedback.
Kind Regards,
The Budget Team
We are disappointed to hear about your service experience.
However, our team will look into your matter and contact you with feedback.
Kind Regards,
The Budget Team
We can confirm that our assessor has been in contact with you and that he is now attending to the rectification work needed to complete the repairs to your vehicle.
Please accept our apology for the inconvenience that was caused.
Regards,
The Budget Team
We can confirm that our assessor has been in contact with you and that he is now attending to the rectification work needed to complete the repairs to your vehicle.
Please accept our apology for the inconvenience that was caused.
Regards,
The Budget Team
