1 reviews | Active since May 2016
Budget - Jy word versker van swak diens!

Dis langer as 'n maand wat ek sukkel om met 'n eis teen hierdie versekeringsmaatskappy te slaag. Hulle praatjies is so slinks soos die **** van die Paradys.

My kar is op 4 April 2016 deur een van Budget se kliente gestamp en die saak is direk daarna by die polisie gaan aanmeld. Op 5 April word ek deur die klient in kennis gestel om self Budget te bel rakende my eis. Op 6 April kry ek eers die verwysingsnommer. Op 7 April bel ek self Budget en daar word 'n afspraak gemaak om my kar op 11 April te neem vir die assesering van die kar se skade. Op 11 April gaan doen ek die assesering en daardie selfde middag word die assesering na Budget gestuur.

Op 15 April stuur ek al my relevante dokumente wat vir die eis benodig is en konsulteer met 'n prokureur wat bevestig dat hulle slegs daardie dokumente benodig wat ek aangestuur het. Op 29 April hoor ek steeds niks van Budget nie en ****ak hulle weer waarin hul telefonies bevestig dat hul my dokumente ontvang het en dat alles in orde is. Hulle wag slegs vir 'n opdrag van hul klient. Op 10 Mei bel ek hulle twee keer omdat ek die eerste keer afgesny is en niemand in die erns van my navraag gepoog het om terug te bel nie. Weer bevestig die persoon al my dokumente is in orde en na "administration" gestuur wat so twee dae neem waarna hulle my teen 12 Mei sal ****ak.

Op 11 Mei nadat ek die klient in kennis stel van Budget se onbehulpsame diens, kry ek een mis-oproep en een SMS waarin hulle skielik uitstaande dokumente verlang. Op 13 Mei beweer hulle dat hul geen dokumente van my ontvang het nie en moes ek reelings tref om dit weer te stuur. Later hierdie dag kry ek 'n SMS dat ek hulle moet ****ak rakende my eis. 'n Lekker gerieflike spreekwoordelike "please call"as mens dit so kon noem. Nou soek hulle nog my kar se registrasiepapier waar normaalweg net die lisensiepapier voldoende is sover ek vasgestel het. My skade beloop bykans R23 000.

Die beste is, nadat ek my selnommer vir hulle tydens ons eerste gesprek gegee het, was ek al die ****offer van verskeie vreemde bemarkingskemas insluitend Budget self. Ek word sommer nou weer van vooraf de moerin om hierdie brief te skryf. Verseker 'n maatskappy met power diens wat ek nooit in my lewe mee wil werk nie. En gelukkig is ek iemand wat nie my mond kan hou nie… Ek is nog lank nie klaarmet hulle nie. Volgende stappe is ook in die pyplyn vir hulle.