1 reviews | Active since Aug 2018
Ons trek vanaf Secunda na Hartenbos 31 Julie 2018
Bou, trou en trek, kort woordjies met baie drama en stres.
Ons kry on huisie in die ou oos-Transvaal verkoop en kan uiteindelik Mossel baai to trek. Ons vra trek kwotasies van 12 vervoermaatskappye aan. Sommige antwoord. Britz couriers and removals adverteer op die Kyknet televisie kanaal. Ons ****ak hulle met ons inventaris en kry dadelik die beste transaksie vir ons huis inhoud, motorhuis inhoud, potplante en jacuzzi. Ek ry telkemale Westpak toe om karton bokse en bubble wrap te koop. (die woord kartondose word nie meer algemeen vestaan nie.) My vrou bubble wrap en pak al die los goed in. Dan ooreed die familie vir skoonma om saam see toe te trek! Ek ry 3 bakkie en sleepwa vragte se meubelment na ons huis toe aan. Onderandere ‘n spieëltafel wat die 2de boere oorlog en 2 wêreld oorloë
oorleef het.
Die nuwe inventaris noop Rohan Britz om ‘n ekstra vervoer wa na ons toe te stuur. Die deel vrag af**** verval en die versekering vermeerder, maar dit het ek verwag en amper voor begroot.
Trekdag daag daar 2 trek vragmotors, een met ‘n sleep wa, op die beloofde tyd by ons adres op. 4 manne en 2 vragmotor bestuurders dra ons lewens geskiedenis items na die grasperk voor die groot hek. Hulle bubble wrap die meubels, yskas, vrieskas, wasmasjiene en kleiner items soos mikrogolf oonde en die waarvan ons nie die vervaardiger se kartondose gehou het nie.
Ek probeer help om die jacuzzi te laai, maar eitlik is ek net in die pad en gaan laai maar eerder oornag en oorlewings items in my bakkie. Die vrou se kar kry vir skoonma en ander “waardevolle” items soos rekenaars en haar Bernina fabriek.
Nou moet ons sleutels afgee, oornag veblyf rëel en navigeer om voor die trek vagmotors in Mossel baai wees.
Ons trek na middernag by Adams view in Gariep in om daar te oornag. Die bestuurder se dogter is op en wakker en oorhandig ons sleutels. Daar was die sonsopkoms nog altyd baie asemberowend.
Ons is vroeg weer in die pad. My 1400cc bakkie veg met die bulte terwyl my vrou se SUV met die sleepwaentjie geen einde aan hul spoed en krag het nie, maar ek haal darem op die draaie in.
Vernon, die Britz vervoer ko-ordineerder dame s***el my en bevestig hul aankoms tyd. Die vragmotors is in George maar ons is net buite Oudtshoorn!
Ons arriveer 15 minute voor Vernon en sy span vragmotors.
Hulle dra ons meubels en karton dose na die aangewese kamers. Met die potplante, gym gewigte en Jucuzzi word ek nou toegelaat on te help.
Ons slaap die nag in ons nuwe huis Dankie Britz vervoer!
Ouma se spieëltafel se 6 mm by een en ‘n half meter glas blad het nie die trek oorleef nie. Rohan Britz help dadelik om dit te vervang.
Al die drama en stres van “trek” was net in ons eie koppe. Britz couriers and removals was puik en aan te beveel.
Dankie Hermann en Janete Bosman Hartenbos
Goeie dag Hermann en Janete Bosman
Baie dankie vir die mooi storie. Dit was nou regtig n groot plesier om dit te lees. Dit laat mens net weer dink oor wat alle met n trek gebeur, en hoe die kliente regtig voel oor n trek.
Dit is hoekom ek altyd vir my mense leer om altyd kalm te bly met n trek. Want as hulle kalm is sal die kliente ook kalm wees, want n trek is baie stresvol. En ons moet ons kliente so kalm as moontlik probeer hou.
Ek sal ook die mooi boodskap wys aan die span wat jul trek hanteer het. Regtig baie dankie vir die mooi woorde, ek is baie bly alles het goed af geloop. Dit was nou net n jammer oor die glas wat gebreuk het, maar ek is bly ons kon dit vinnig vir julle vervang.
En dan wil ek net weereen vir julle baie dankie se dat julle ons kwotasie en diens aanvaar het, en dit n groot vooreg was om julle te verhuis vanaf Secunda na Hartensbos. Ek weet julle gaan dit sommer baie geniet hier by die see, dit is maar die mooiste deel van die land.
Baie dankie!
Groete
Rohan Britz (Managing Director)