JS
Jacqueline S

1 reviews | Active since Oct 2020

19 Oct 2020, 09:29

Bad service

Ek kan ongelukkig nie Britz Couriers aanbeveel nie. Ek het hulle gebel vir 'n kwotasie vir 'n pakkie waar dit R480 was, ek het dit aanvaar en gevra vir 'n invoice aangesien my klient self die courier sou betaal. 2 dae daarna het ek weer gevra vir die invoice waar hulle my laat weet het dat hulle dit sal stuur sodra hulle kan aangesien hulle baie besig is. 2 dae daarna het ek weer gevra vir die invoice waarna hulle my laat weet het dat ek nie die adres gestuur het nie, waarna hulle later verskoning gevra het want ek het dit gestuur. Hulle het laat weet dat hulle dadelik die invoice stuur, 'n dag daarna het ek eers die invoice ontvang van R820 aangesien hulle 'n fout gemaak het met die kwotasie. Ek is jammer, maar ek gebruik in die vervolg iemand anders want as gevolg van die swak diens het ek 'n klient verloor.

0
Replies (1)
Britz Couriers & Removals
Britz Couriers & Removals's reply21 Oct 2020, 19:31
Official
Hi Jacqueline

Ek is baie jammer om te hoor van jou slegte ondervinding wat jy met ons courier afdeling gehad het. Erns moes daar n misverstand gewees het.
En ek gaan dit defnitief op neem met die courier afdeling om te kyk hoe ons dit kan verbeter, want dit is onaanvaarbaar. Ons neem gewoonlik nooit so lank om n faktuur uit te stuur na die kliente nie. Dit word gewoonlik dieselfde dag nog gedoen.

Ek is regtig jammer oor jy nou die klient verloor het oor die swak diens wat jy van ons ontvang het, maar ek sal persoonlik werk maak van die probleem wat hier gebeur het.

Groete
Rohan Britz
(Eienaar)