CP
Casper P

1 reviews | Active since Oct 2017

21 Feb 2020, 17:08

WAARSKUWING VIR VOORNEMENDE BELEGGERS EN PENSIOENARISSE

Ek het voorheen voornemende beleggers gewaarsku om nie van De vere Acuma se beleggingsdienste gebruik te maak nie. Veral pesioenarisse moet baie versigtig handel aangesien hulle geen beskerming van die Financial Sector Conduct Authority kan verwag nie.

Ek wil nou voornemende beleggers egter waarsku dat De Vere Acuma verkoop is aan Brite Advisors South Africa. Die huidige kantoor van De Vere is oorgeneem en is ingekorporeer by Brite Advisors. Ek het voorheen alaml gewaarsku dat daar van jong adviseurs gebruik gemaak wors wat nog nie die nodige ondervinding het nie en ook nog nie hulle eksamen afgele het nie. Daar word nie geskroom om voornemende beleggers te adviseer om onwetend valuta wetgewing te oortree nie. Daar word geen verantwoordelikheid deur De Vere en nou Brite Advisors geneem vir hierdie optrede nie. Die advies oor die algemeen is ook swak en aanvaar niemand verantwoordelikheid vir hierdie swak advies nie,

Ek beskou dit as my plig om voornemende beleggers te waarku dat die Financial Sector Conduct Authority soos SAL, Eskom die Openbare Beskermer en ander semi staatsinstellings nie meer enige outoriteit kan uitoefen nie.

0
Replies (0)