MC
MONIQUE C

1 reviews | Active since Apr 2016

21 Apr 2016, 13:35

Geen diens van Bradlows

Op 21 Maart 2016 het my seun by Bradlows, Merrimanlaan, Vereeniging, betaal vir 'n kas wat op 23 Maart afgelewer sou word. Hy is op 22 Maart in kennis gestel dat die stoor nie die kas in voorraad het nie. Dit is 'n maand later en hy wag steeds vir die terugbetaling van sy geld! Elke dag 'n verskoning! Elke dag was die antwoord: more. Op 14 April, na vele oproepe, is ek na die takbestuurderes, Santie Smit. Ek is meegedeel dat sy bewus is van die probleem en dat haar areabestuurder in die kantoor is en sy sal dit met hom bespreek en die geld in ****ant aan ons terugbetaal, maar sou my die volgende oggend laat weet. Op 15 April is ek meegedeel die dokumente is op 6 April deurgestuur na die hoofkantoor en dat die terugbetaling gelaai is, word Maandag 18 April \release\" en sal Woensdag 20 April in die rekening wees. Steeds niks! Nadat ek weer vandag navraag gedoen het, is dit weer MORE! Geen terugvoering van Bradlows personeel. Ek wil weet, wanneer en wat is die vergoeding wat ons kry vir al die oproepe, besoeke en frustrasie om jou eie geld terug te kry omdat Bradlows nie die produk, of enige diens kan lewer nie. "

0
Replies (0)