WB
W B

1 reviews | Active since Nov 2018

14 Jun 2023, 13:12

No Scan to pay at BP Libradene

Goeiedag, dis onaanvaarbaar die swak diens wat ons as bejaardes by BP Libradene gekry het vandag. Die petroljoggies wou nie kaartlose betalings aanvaar nie, en en die bestuurder was kwansuis nie beskikbaar nie, terwyl BP QR betalings adverteer. BP Libradene onvriendelike en onaanvaarbare diens is aan gebrek aan SCAN TO PAY QR betalings Aanvanklike diens by BP Libradene was behulpsaam, maar die petroljoggie het onvriendelik, onbehulpsaam geraak. Ek verkies om QR / unieke kode foon betalings. My kaart het verval en verkies om dit nie te vervang nie, maar eerder foon betalings (kaartlose betalings) te doen ( scan to pay, ect ). Ek moes geld uit 'n ander bankrekening los maak om die transaksie te voltooi, dus het BP Libradene my tyd gemors, en ongerieflike en onvriendelike diens gegee. Dis is absoluut onaanvaarbaar dat kaartlose transaksies nie beskikbaar is nie terwyl dit op die TV en internet geadverteer word en agv daarvan moet ek deel met onvriendelike arrogante personeel wat my in 'n verleentheid stel.

Die uwe W.Botha

0
Replies (0)