AJ
ANZELLE J

1 reviews | Active since Aug 2016

13 Jan 2021, 07:38

PATETIESE DIENS

Ek en my man wou baie graag die 29ste Desember 2020 n lekker "pub lunch" geniet en het per toeval op Die Bosvelder afgekom.... ons was bitter teleurgestel! Die ou wat ons menu gebring het het ons nie eers ordentlik gegroet nie, ons het toe besluit op wat ons wou eet en drink en gewag dat iemand ons sal help.....maar die "manne" het veel eerder met hul arms gevou by die deur gestaan, gepraat en besluit hulle is te goed om ons te help! En menigde kere net verby ons gekyk. Dis nie eers asof ons ver gesit het nie, ons was by die deur! As dit wit mense se houding is, sal ek almal aanraai om hulle glad nie te ondersteun nie! Ek en my man was albei geskok deur die "diens". Dit kos niks om net vriendelik te wees en die werk waarvoor jy betaal word ordentlik te doen nie. Hopelik hanteer hulle die volgende klient beter

0
Replies (0)