1 reviews | Active since May 2022
Boosh Bebee patetiese diens
Absolute patetiese mense wat daar in beheer is.Sal NOOIT weer met hulle besigheid doen nie. Ek het n kos trailer gebou en vir Jorrie gevra of hy asb vir my die chromadeck sal opsit aangesien dit hulle werk is.Dit was in Desember.Ek het hom gerus gestelen laat weet dat die fabrieke gesluit is en dat hy 2022 kan begin.Einde Januarie 2022 het ek hom gaan besoek en vir hom gesê dat hy kan aangaan met my sleepwa en dat hulle maatskappy dit moet doen.Ek het hom gevra of hy n deposito wil hê wat ek meer as bereid was om te betaal.Hy het gesê dat dit nie nodig is nie.Twee dae later het ek hom ge****ak en bevestig dat hulle moet voortgaan.Ek het hom gevra hoe lank dit sal vat en hy het gesê 6 weke.Ek het hom gerus gestel en gesê dat indien ek die sleepwa einde Maart kan kry sal ek gelukkig wees.Dit gee hom 8 weke kans. Einde Maart het ek gaan vasstel watter dag ek my sleepwa kan gaan haal.Daar was nog NIKS gedoen op my sleepwa nie BEHALWE soveel overspray dat ek gedink het ek kyk na die verkeerde sleepwa.Ek het hom verwittig daarvan en hy het net sy skouers opgehaal.Ek het my sleepwa weggevat om weer te gaan regmaak en oor verf.Ek het self die panele gemeet en vir hom die mates gegee om te bestel.Hy kon dit nie eers doen nie.Ek het hom n deposito betaal en hy het my hart en mond belowe dat ek die 14de April my wa kon kry.14 April het gekom en gegaan Na vele probeerslae het ek wel vandag 11 Mei my sleepwa gevat wat nog onvolledig was.Ek sal hulle glad nie aanbeveel nie en sal geen persoon aanraai om hulle te gebruik nie.Geen deadlines word bereik nie.
