1 reviews | Active since May 2025
Pathetic
Wat n teleurstelling! Ek was op n mediese fonds waarmee ek nie tevrede was nie. Doen toe so bietjie huiswerk en n makelaar van "consult by Momentum help my. Sy help my Baie mooi met kwotasies en gee Vir my Alle inligting van Bonitas Boncap wat my behoeftes Pas en alles lyk Baie goed. Doen Al die nodige papierwerk en sluit aan. Ek en my 3jarige seuntjie kry onmiddelike dekking (sonder enige wag periodes), want ons het aan n mediese fonds behoort. My man was nie op medies nie en het automaties n drie maande wagperiode. Dood normaal. Toe begin die moeilikheid met debiet orders wat nie op die regte datums afgaan nie en ek sukkel nou Al Vir die 3de maand met dit! Dan moet ek maar direkte betaling maak en als is deurmekaar en niemand weet hoekom nie! Ek was nou Al meer as een keer verneder by n dokter wat aanmanings stuur omdat die medies net eenvoudig se daar is steeds n wagperiode nadat ek weer op skrif bevestiging gekry het dat daar nie is nie! Ek moes vandag weereens hoor van die wagperiode nadat ek my seuntjie moes dokter toe vat...Hy het kroep en weereens will die medies geen medikasie betaal nie. Staan ek weer in Dischem met n rooi gesig en kan nie Al die nodige meds kry nie want dit is te duur. Hoe de hel werk dit🤬 ek is so teleurgesteld in Bonitas!! Elke keer n vernedering en emails op en af met bevestiging gee dat Al's reg is en Dan is dit nie. Ek soek antwoorde....leë beloftes en valse inligting werk nie Vir my nie. Ek soek antwoorde en hoop iemand in n hoë posisie sal my ****ak en sorg dat die gemors eens en Vir altyd opgelos word! Ek is moeg gesukkel en gaan dit nie hier Los as ek nie so Gou moontlik kortekte, ingeligte en bevredigende antwoorde en terugvoering kry nie. Hoop my seuntjie sal ok wees, siende dat ek nie Al sy meds kon bekostig nie🤬 Ek hoop regtig n ingeligte hoof van Bonitas sal die saak so Gou moontlik ondersoek en regstel. Onmiddelike terugvoering sal waardeer word. Hoop nie dit sal Vir my nodig wees Om die saak Verder te vat nie. Dit Kos my nou Baie geld en vernedering😣 want heel duidelik is iemand by Bonitas onbevoeg Om hul werk ordentlik en reg te doen. Ek sal beslis nie Ander mense met gemak na hul kan verwys nie.
Thank you for notifying us of your complaint, we are sorry to hear about this, we are glad that you have brought this to our attention.
Kindly provide your membership number or ID number of the principal member privately (to protect your personal information not to be visible on this public forum) to investigate your enquiry.
Kind Regards
Bonitas Team
Thank you for notifying us of your complaint, we are sorry to hear about this, we are glad that you have brought this to our attention.
Kindly provide your membership number or ID number of the principal member privately (to protect your personal information not to be visible on this public forum) to investigate your enquiry.
Kind Regards
Bonitas Team
