DD
DJ D

1 reviews | Active since Feb 2017

11 Apr 2019, 22:04

BONITAS SE BESTUUR IS ONTOEGANKLIK

Ek het reeds by op 8 Maart oor hierdie saak 'n klagte op Hello Peter geplaas. Bonitas het onderneem om dringend aandag aan hierdie saak te skenk en 'n antwoord daarop te verskaf. Op 11 Maart het ek weer 'n epos aan Bonitas gestuur. Hulle het op 13 Maart 2019 ontvangs van my epos erken en die volgende verwysingsnommer verskaf, 110319Q97XM4. Bonitas het onderneem om "urgent assistence" te verleen, maar op 3 April moes ek weer 'n epos aan hulle stuur, om te verneem waarom ek geen terugvoer oor hierdie aangeleentheid kry nie. Bonitas het op 4 April 2019 die volgende verwysingsnommer verskaf: 030419QBGK3V, en die volgende onderneem. "We have escalated your enquiry to our Oncology department for urgent assistance and you may contact them on Call: ***for members and ***for providers or Email: ********** Nodeloos om te sê dat daar niks van gekom het nie. My oproepe wat ek na Bonitas maak, is by herhaalde kere deur hulle onbevoegde personeel summier afgesny. Die bestuurslede, indien daar so iets is, is geheel en al ONTOEGANKLIK. Dit blyk dat lede van die fonds uitgelewer is aan onbekwame en onbevoegde personeel wat elke maand 'n salaris ontvang. Op 5 April 2019 het ek 'n epos van Bonitas ontvang, getiteld: Voice of the Customer [MI ********** 58]. Ek was gevra om die diens van 'n sekere werknemer, genaamd Thabo Maluleka te evalueer, met verwysing na sy oproep waarin hy my ge****ak het. Ek het NOOIT so oproep ontvang nie en dit aan Bonitas gerapporteer. Weereens was daar GEEN terugvoer van Bonitas gewees nie. Op 10 April 2019 het ek per epos navraag gedoen oor verwysingsnommer 030419QBGK3V, waarop ek geen terugvoer gekry het nie. In die epos het ek geëis om vandag, 11 April 2019, teen 12:00 PM terugvoer te ontvan, aangesien my R4000 hier ter sprake is. Ek moet egter sê, ek het geen reaksie verwag nie en Bonitas het soos gewoonlik nie gereageer nie. Ek het Bonitas toe weereens ges***el. Ek het die oproep om 13:17 PM gemaak en met die eerse van vier klaarblyklike onbevoegde werknemers, ene Tennyson gepraat. Volgens hom het hy onbeperkte toegang tot my persoonlike profiel en kon hy my nie help nie. Hy het my na die onkologie-afdeling deurges***el, waar die t****e onbevoegde werknemer, die ene Mabala, my te woord gestaan het. Hy het natuurlik geen benul wat om hom aangaan nie en s***el my toe deur na Lungile, by die "call center", terwyl my navraag onkologie verwant is. Hoe kan iemand wat in die onkologie-afdeling werksaam is, nie 'n lid van die fonds met 'n onkologieverwante saak tot hulp wees nie? Is daar iemand by Bonitas wat dié vraag kan beantwoord? Teen hierdie tyd was ek al 25 minute op die lyn en het nog nie 'n volle twee minute met die drie onbekwame en onbevoegdes kon praat nie. Lungile het my na Lynn deurges***el. Toe ek aan haar verduidelik dat ek byna 'n halfuur al op my onkoste aanhou en vra dat sy my moet s***el, het sy eenvoudig voort gestoomroller en gesê dat sy eers die saak persoonlik moet ondersoek, voordat sy my kan s***el. Let weel, ook Lynn is nie 'n bestuurder nie, want as daar iemand by Bonias is wat 'n bestuurspos beklee, is hulle geheel en al ONTOEGANKLI**** Ek het aan Lynn gevra, hoeveel tyd sy nodig gaan hê, want ek soek nog vandag 'n antwoord. En toe kom die belofte, meneer Du Plessis ek s***el jou nog vanmiddag terug. My verwysingsnommer vir my halfuur oproep, waarvan ek nie vier volle minute in gesprek was nie, is: 110419QBXM7M. Lynn, jy is 'n LEUENAAR! Jy het my nie terugges***el nie. Gaan Lynn met 'n bonus beloon word, omdat sy soos almal wat eposse aan my stuur, my net belieg en bedrieg? Dit wil al meer voorkom dat Bonitas vir hierdie fiasko, wat my R4000 gekos het, verantwoordelik is en allerhande onetiese en slinkse praktyke volg om nie verantwoordelikheid vir hulle optrede te aanvaar nie. Indien die probleem wel by Dr Brittain se personeel lê, soos wat ene Makalosi op 27 Februarie 2019 beweer het die geval mag wees, waarom weier Bonitas om vir my 'n skriftelike antwoord van hulle bevindinge oor hulle ondersoek te verskaf? Moontlik omdat daar NOOIT enige ondersoek gedoen is nie en omdat Bonitas nie van plan is om dié saak werklik te ondersoek nie. Of is dit omdat Bonitas nie oor bevoegde en bekwame personeel beskik om dié saak te ondersoek nie? Ek hoop van harte dat Bonitas op hierdie klagte gaan reageer en dat die reaksie van iemand in 'n bestuurspos sal kom. Enige familie wat deur die trauma van kanker gekonfronteer word, is nie veronderstel om verdere druk en spanning opgelê te word nie, veral nie deur hulle mediese fonds nie.

0
Replies (2)
Bonitas Medical Fund
Bonitas Medical Fund's reply15 Apr 2019, 10:09
Official
Hello DJ777,

Thank you for submitting your details to us through Hello Peter.

This is to confirm that we have received your information and that we are currently investigating this matter.

Our representative will be in touch with you shortly to discuss this matter and ensure that it is speedily resolved.

Kind regards,

Bonitas Team

Bonitas Medical Fund
Bonitas Medical Fund's reply15 Apr 2019, 15:23
Official
Hello DJ777,

Thank you for submitting a comment to us through Hellopeter.

According to the telephonic conversation and email communication with our representative, we hereby confirm that your concern has been addressed and this matter has now been resolved.

As Bonitas we strive to give the best customer service to our clients and appreciate it when you bring your concerns to our attention when we have failed to deliver this service.

We apologise for any inconvenience caused to you.

Thanks and regards,
Bonitas Team