1 reviews | Active since Aug 2026
Bonitas klagte
Klagte teen Bonitas – Geen terugvoer en goedgekeurde eise word nie betaal nie
Ek wil graag my ernstige ontevredenheid oor Bonitas se diens openbaar maak.
Ek het op 5 Augustus 2026 ’n e-pos aan Bonitas gestuur waarin ek my probleme uiteengesit het, maar ek het geen antwoord ontvang nie.
Op 6 Augustus 2026 het ek Bonitas telefonies ge****ak en met Shile gepraat. Sy het my verwysingsnommer gegee en belowe om my navrae na haar bestuurder te eskaleer en na my terug te kom. Tot vandag toe het ek egter geen behoorlike terugvoer of oplossing ontvang nie.
Die Augustuspremie is wel die volgende dag afgetrek nadat ek met haar gepraat het.
My probleme is egter steeds nie opgelos nie:
- Dr Heidi Prinsloo: Sy het die nodige magtiging, maar Bonitas het slegs ’n gedeelte van haar rekening betaal. Daar is aan die dokter gesê dat daar nie genoeg geld beskikbaar is nie, terwyl daar ongeveer R7 000 in my spaargeld beskikbaar is. - CPAP-masjien: Bonitas het skriftelik bevestig dat my CPAP-masjien goedgekeur is, maar hulle het steeds nie Ecomed betaal sodat die masjien aan my vrygestel kan word nie. Ek wag nou al ongeveer drie maande en moet intussen sonder die nodige masjien klaarkom. - Fourie ATJ en Associates: Hulle het ook die nodige magtiging vir my slaapstudie, maar die rekening is steeds nie betaal nie. Dit is ook al byna drie maande uitstaande.
Ek sukkel ook geweldig om Bonitas te ****ak. Ek het verskeie pogings aangewend om hulle telefonies en deur hulle ander kommunikasiekanale te bereik. Soms wag ek langer as ’n uur op die telefoon, net om uiteindelik met iemand te praat wat nie die probleem kan oplos nie.
Ek voel dat Bonitas baie vinnig is om my premie te verhaal, maar wanneer ek hulle werklik nodig het, word ek geïgnoreer.
Sedert Momentum die administrasie van Bonitas oorgeneem het, ervaar ek die diens as uiters swak. Ek het baie tyd en geld spandeer om hierdie probleme te probeer oplos, sonder enige behoorlike terugvoer.
Ek wil hê Bonitas moet dringend verduidelik:
1. Waarom word my gemagtigde dokters se rekeninge nie volledig betaal nie? 2. Waarom is my goedgekeurde CPAP-masjien steeds nie aan my beskikbaar gestel nie? 3. Waarom is die gemagtigde slaapstudie na byna drie maande steeds nie betaal nie? 4. Waarom word my e-posse en navrae nie beantwoord nie?
Ek is tans besig om ander mediese fondse te ondersoek, want ek verloor vertroue in Bonitas se vermoë om my te help wanneer ek dit nodig het.
Bonitas, ek vra nie vir spesiale behandeling nie. Ek vra dat julle eenvoudig julle verpligtinge nakom en my behoorlik antwoord.
