DD
DJ D

1 reviews | Active since Feb 2017

08 Mar 2019, 11:57

AANVAAR NIE VERANTWOORDELIKHEID NIE

My vrou se stamseloorplanting was geskeduleer vir 7 Maart 2019. Ons het al die nodige reëlings getref, in ooreenstemming met die skedule wat ons van Dr David Brittain se personeel ontvang het. Toe ons en my skoonsuster wat die skenker vir my vrou is, reeds in Pretoria was, het Dr Brittain se kamers ons laat weet dat Bonitas nog nie die magtiging goedgekeur het nie en dat ons nie meer moet kom vir die vergaderings soos geskeduleer nie. Ons het egter reeds die kostes vir verblyf, brandstof, tolgelde en etes aangegaan. Dr Brittain se personeel skryf die probleem toe aan Bonitas se paneel wat nie die magtiging toegeslaan het nie en sê hulle aanvaar geen verantwoordelikheid vir die onkostes wat ons aangegaan het nie. Bonitas se onkologie afdeling, (Saquadi), het my ge****ak en sê hulle is jammer vir die probleem, maar Bonitas is nie aanspreeklik vir die kostes wat aangegaan is nie. Wie is dan nou verantwoordelik? Moet ek as lid van Bonitas nou die R4000 verlies lei? Dit is onaanvaarbaar dat nog Bonitas, nog Dr Bittain se praktyk verantwoordelikheid aanvaar. Ek het by die skedule soos ontvang, gehou. Dr Brittain se personeel het my ingelig dat Bonitas se paneel wat die magtigings moet goedkeur, vir 'n t****e motivering van Dr Brittain gevra het, waarom hy van 'n skenker se stamselle gebruik moet maak, en dus lê die probleem by die paneel wat nie die magtiging op tyd goedgekeur het nie.

Is daar 'n senior personeellid by Bonitas wat vir my lig op die saak kan werp, want die Call Center en onkologiepersoneel, blyk nie bekwaam te wees om vir my antwoorde te gee nie?

0
Replies (2)
Bonitas Medical Fund
Bonitas Medical Fund's reply10 Mar 2019, 16:51
Official
Hello DJ777,

Thank you for submitting a comment to us through Hello Peter.

Kindly reply privately with the membership number in order for us to assist with your query.

Please note that your personal information is not showing on the public view platform.

Kind regards,                  

Bonitas Team

Bonitas Medical Fund
Bonitas Medical Fund's reply19 Mar 2019, 14:10
Official
Hello DJ777,

Please note we have not received the required details from you. Your query will be attended to once we receive the required details.

Regards,

Bonitas Team