AH
Andries H

1 reviews | Active since Feb 2012

05 Apr 2019, 09:14

Blackview het SWAK diens en ignoreer emails!!!

Ek het 'n nuwe BV9600 foon ****ant by Blackview gekoop en was gelukkig met die spoedige diens met die aflewering. Ek het 'n probleem gehad dat die foon gehang het, bluetooth het bly disconnect en het die foon dood gedruk as jy met iemand gepraat het. Ek het hulle ge****ak met my probleem en het al die pad van Middelburg af gery om my foon vir 'n "software update" te vat. Hulle het 'n factory reset gedoen wat ek self kon gedoen het want die foon het diselfde probleme gehad.

Die foon het toe 'n week of wat later 'n update gehad wat nuwe probleme veroorsaak het dat die ****akte op my foon verdwyn het en my kamera het swart fotos geneem. Ek het dadelik hulle gemail met die nuwe probleme en hulle wou 'n swop out gedoen het maar ek het aangedring om my geld terug te kry want ek het die foon skaars 3 weke gehad en het my frustreer met die probleme. Ek het die foon per courier terug gestuur waar hulle my terug laat weet het dat ek my geld sal terugkry maar hulle gaan R950 moet aftrek vir die kondisie van die foon. Ek het aangedring op 'n koste staat van hoe hulle by die bedrag uitgekom het. Na soveel emails het ek geen antwoord gekry nie en toe besluit om hulle te bel. Met 'n hengse storie het die technician my die mail gestuur. Ek het toe die aftrekking aanvaar wat onredelik was in elk geval maar het net my geld terug gesoek.

Ek het my bank besonderhede vir hulle gestuur en na soveel mails het ek nog geensins my geld terug ontvang nie. Ek het weereens 'n mail gestuur om uit te vind wat die probleem is maar kry nie terugvoer nie. Ek sal glad nie die foon of maak aan enige persoon voorstel nie bly eerder by die bekende maak van fone. Ek dink dis uiters swak diens en sal moet verdere stappe neem as ek nie my geld kry nie. Ek gaan aandring om die volle bedrag terug te kry vir die ongerief.

0
Replies (0)